100% tevredenheidsgarantie Direct beschikbaar na je betaling Lees online óf als PDF Geen vaste maandelijkse kosten 4,6 TrustPilot
logo-home
College aantekeningen

SEMESTER 1 2019 VRAE EN ANTWOORDE

Beoordeling
5,0
(1)
Verkocht
2
Pagina's
41
Geüpload op
15-11-2019
Geschreven in
2019/2020

SEMESTER 1 2019 ASSIGNMENT 1 & 2 SE VRAE EN ANTWOORDE

Instelling
Vak











Oeps! We kunnen je document nu niet laden. Probeer het nog eens of neem contact op met support.

Geschreven voor

Instelling
Vak

Documentinformatie

Geüpload op
15 november 2019
Aantal pagina's
41
Geschreven in
2019/2020
Type
College aantekeningen
Docent(en)
Onbekend
Bevat
Alle colleges

Onderwerpen

Voorbeeld van de inhoud

AFK1502/201/1/2019




Studiebrief 201/1/2019
Basiese Teksvaardighede

AFK1502
Semester 1

Departement Afrikaans & Algemene
Literatuurwetenskap



Hierdie studiebrief bevat belangrike inligting oor
werkopdragte

,Beste student

Welkom by die module Basiese teksvaardighede. Ons sien daarna uit om met jou in interaksie
te tree oor hierdie baie interessante afdeling van taalgebruik wat daarop gemik is om jou
vaardighede in die skryf van Afrikaanse saaklike (nieliterêre) tekste te verbeter.

Vanweë die baie kort onderrigtyd wat beskikbaar is binne die semesterstelsel, is hierdie
studiebrief besonder omvangryk. Dit bevat naamlik alle terugvoer op jou werk en ook toeligting
vir die eksamen. Die volgende vier afdelings word in hierdie studiebrief uiteengesit:

1. Kommentaar op Werkopdrag 1
2. Kommentaar op Werkopdrag 2
3. Antwoorde en terugvoer op die Aktiwiteite in die studiegids
4. Eksamentoeligting

Dit is in jou eie belang om die studiebrief deeglik te bestudeer, sodat jy verstaan hoekom jy
soms punte verbeur het, en vasstel of jy op die regte spoor is met die voltooiing van die
aktiwiteite. In die semesterstelsel is die eksamen altyd net om die draai. Hierdie
studiebrief gaan jou baie help in jou voorbereiding vir die eksamen.

Jy het dalk agtergekom dat die gebruik van ’n verklarende Afrikaanse woordeboek baie
nuttig is by die beantwoording van sekere vrae. As jy nie ’n Afrikaanse verklarende
woordeboek besit nie, kan jy toegang kry tot ’n eksemplaar by enige plaaslike openbare
biblioteek of skoolbiblioteek. Miskien sien jy kans om jou eie kopie aan te koop; ’n goeie
woordeboek is ’n belegging vir ’n leeftyd. Of miskien kan jy jou werkgewer oortuig dat ’n
Afrikaanse verklarende woordeboek in die kantoor nie ’n oorbodige luukse is nie!

Ons wens jou voorspoed toe met jou studie van die module Basiese teksvaardighede. Jy is
welkom om ons te laat weet wat jou ervaring van hierdie module is. Terugvoer van
studente stel ons in staat om die module te bly verbeter en aan te pas by praktykbehoeftes.



1. BESPREKING VAN WERKOPDRAG 1 (Semester 1)

Let wel: vraag 1 tot 5 is gebaseer op die onderstaande teksfragment

U is ouer as 50 en dit is nou werklik tyd dat u begin nadink oor bekostigbare
aftreeopsies. Natuurlik is ’n luukse aftreeblyplek in ’n veilige sekuriteitsoord u
langgekoesterde droom. Silwer Jare Aftreeoord bied werklik alles wat u hart begeer:
’n haarsalon, gesondheidsentrum en spa, uitgebreide biblioteek, koffiewinkel,
wasgoeddiens asook ’n eetsaal en restaurant. As u dit nodig sou kry, is daar ook
verskeie versorgings- en verpleegopsies tot u beskikking. Die gehalte van die
wooneenhede is voortreflik en daar is verskeie boustyle, ontwerpe en afwerkings om
van te kies. Kontak ons bemarkingsafdeling op ons tolvrye nommer 0861 123 456
om ’n brosjure aan te vra, en maak nou reeds seker van kommervrye aftreedae.



2

, AFK1502/201


Moenie uitstel nie; doen dit vandag nog – tot einde Desember geld daar spesiale
promosiepryse en u wil dit nie misloop nie!

1. Watter een van onderstaande opsies bevat SLEGS referensiële aspekte van die
boodskap?

[1] Die gehalte van die wooneenhede by Silwer Jare Aftreeoord is voortreflik en
daar is verskeie boustyle, ontwerpe en afwerkings om van te kies.
[2] Silwer Jare Aftreeoord bied ’n bekostigbare aftreeopsie en voorsien ’n luukse
aftreeblyplek.
[3] Silwer Jare Aftreeoord het ’n bemarkingsafdeling wat gekontak kan word
by 0861 123 456.
[4] Silwer Jare Aftreeoord maak seker dat jy kommervrye aftreedae geniet.

Die korrekte antwoord is opsie 3. Die bestaan van die bemarkingsafdeling en hulle
telefoonnommer is feitelike gegewens, en die referensiële boodskap bevat slegs feitelike
gegewens. Alle menings, aansprake, vae beloftes en aannames val dus buite die aspek van
die referensiële boodskap (Studiegids, bl. 12-16 en 21-22). In opsie 1 is die woord “voortreflik”
’n mening en/of aanspraak: die bemarkers noem dit voortreflik, maar ’n kritiese voornemende
koper stem dalk glad nie hiermee saam nie. Net so is woorde soos “bekostigbaar” (volgens
wie se begroting?) en “luukse” (volgens wie se standaard?) nie feitelik van aard nie. In opsie
4 is die aanspraak van die bemarkers des te groter: word “kommervrye aftreedae” regtig
net bepaal deur ’n mens se blyplek? Wat van aspekte soos ’n mens se gesondheidstoestand
en sosiale kontakte?

2. Die hoofkommunikasiedoelwit in bogenoemde teks kan omskryf word as …

[1] instruktief
[2] oorredend
[3] didakties
[4] informatief

Die korrekte opsie is opsie 2. Alhoewel dit byvoorbeeld moontlik is dat iemand inligting
verkry uit bostaande teks (byvoorbeeld oor die beskikbare dienste in die aftreeoord), is dit
immers die skrywer van die teks wat die kommunikasiedoelwit bepaal (Studiegids, bl. 4), al
verskil lesers se doelwitte of die effek op die leser hiervan. En in hierdie geval is dit duidelik
dat die skrywer die leser daarvan probeer oortuig om ’n aftreeblyplek in die Silwer Jare
Aftreeoord te koop.

3. Watter van die onderstaande opsies verteenwoordig NIE ’n aanspraak NIE?

[1] Silwer Jare Aftreeoord bied werklik alles wat u hart begeer.
[2] Tot einde Desember geld daar spesiale promosiepryse.
[3] Die gehalte van die wooneenhede is voortreflik.
[4] Natuurlik is ’n luukse aftreeblyplek in ’n veilige sekuriteitsoord u langgekoesterde
droom.
3

, Vergelyk die volgende definisie uit die Studiegids (bl. 15): “In oorredende tekste gebeur dit
dikwels dat inligting as feitelik voorgehou word, terwyl ’n kritiese beskouing dit duidelik maak
dat dit eintlik net ’n mening of ’n aanspraak is wat gemaak word. Onder aanspraak (Eng.
claim) verstaan ons bewerings wat mense maak oor iets asof dit ’n feit sou wees, maar waar
die bewering nie die toets van feitelikheid kan deurstaan nie.”

Kom ons kyk nou na die antwoordopsies. Die frase “werklik alles wat u hart begeer” in opsie
1 is duidelik ’n aanspraak en nie ’n feit nie - hoe sou die sender in elk geval weet wat die
ontvanger se hart begeer? Dalk begeer die ontvanger ander sake as koffiewinkels en
haarsnysalonne, soos ’n groot tuin, goeie ligging, of wat ook al. Dieselfde geld vir opsie 4:
die sender het werklik geen manier om vas te stel wat die ontvanger se langgekoesterde
droom sou wees. Dalk wil die vyftigjarige ontvanger eerder Kilimanjaro klim of om die
wêreld seil. Ook ’n woord soos “voortreflik” in opsie 3 kan nie die toets van feitelikheid
deurstaan nie; een persoon se “voortreflik” is dalk ’n ander persoon se “substandaard”.
Menings oor gehalte kan nie as feite deurgaan nie. Dit laat net opsie 2 oor: daar is tans
spesiale promosiepryse beskikbaar wat tot Desember geld.

4. Watter frase vorm NIE deel van die teksfragment se appellerende boodskap NIE?

[1] As u dit nodig sou kry, is daar ook verskeie versorgings- en
verpleegopsies tot u beskikking.
[2] Kontak ons bemarkingsafdeling op ons tolvrye nommer 0861 123 456.
[3] Moenie uitstel nie; doen dit vandag nog.
[4] U wil nie die spesiale promosiepryse misloop nie!

In die appellerende deel van die boodskap doen die sender ’n beroep op die ontvanger om
sy mening te verander of om iets te doen of na te laat (Studiegids, bl. 25-26). In opsie 2, 3
en 4 word daar ’n duidelike beroep gedoen op ontvangers om iets te doen: hulle moet die
bemarkingsafdeling kontak, nie uitstel om op die advertensie te reageer nie, of gou reageer
om nie die spesiale promosie mis te loop nie. Opsie 1 gee slegs feitelike inligting aan die
ontvanger, naamlik die beskikbaarheid van versorgings- en verpleegopsies. Die korrekte
antwoord is dus opsie 1.

5. Die frase verskeie versorgings- en verpleegopsies is ...

[1] verkeerd gespel: dit moet wees versorgings en verpleegopsies.
[2] verkeerd gespel: dit moet wees versorgings-en-verpleegopsies.
[3] verkeerd gespel: dit moet wees versorgings en verpleeg opsies.
[4] korrek gespel.

Opsie 4 is korrek. Die vraag handel oor die gebruik van die koppelteken na die woord
versorgings(-): moet ons hier ’n koppelteken skryf of nie? Die koppelteken na versorging dui
aan dat daar iets weggelaat is. Ons kan nie in Afrikaans verwys na versorgings (as aparte
woord) met die verbindingsklank s nie; daar bestaan nie so ’n meervoud nie, want
versorging het nie ’n meervoud nie (ons noem dit ’n massanaamwoord, soos eerlikheid of

4
€2,70
Krijg toegang tot het volledige document:

100% tevredenheidsgarantie
Direct beschikbaar na je betaling
Lees online óf als PDF
Geen vaste maandelijkse kosten


Ook beschikbaar in voordeelbundel

Beoordelingen van geverifieerde kopers

Alle reviews worden weergegeven
4 jaar geleden

5,0

1 beoordelingen

5
1
4
0
3
0
2
0
1
0
Betrouwbare reviews op Stuvia

Alle beoordelingen zijn geschreven door echte Stuvia-gebruikers na geverifieerde aankopen.

Maak kennis met de verkoper

Seller avatar
De reputatie van een verkoper is gebaseerd op het aantal documenten dat iemand tegen betaling verkocht heeft en de beoordelingen die voor die items ontvangen zijn. Er zijn drie niveau’s te onderscheiden: brons, zilver en goud. Hoe beter de reputatie, hoe meer de kwaliteit van zijn of haar werk te vertrouwen is.
jay355 University of South Africa (Unisa)
Volgen Je moet ingelogd zijn om studenten of vakken te kunnen volgen
Verkocht
19
Lid sinds
6 jaar
Aantal volgers
15
Documenten
41
Laatst verkocht
1 jaar geleden

4,5

6 beoordelingen

5
5
4
0
3
0
2
1
1
0

Recent door jou bekeken

Waarom studenten kiezen voor Stuvia

Gemaakt door medestudenten, geverifieerd door reviews

Kwaliteit die je kunt vertrouwen: geschreven door studenten die slaagden en beoordeeld door anderen die dit document gebruikten.

Niet tevreden? Kies een ander document

Geen zorgen! Je kunt voor hetzelfde geld direct een ander document kiezen dat beter past bij wat je zoekt.

Betaal zoals je wilt, start meteen met leren

Geen abonnement, geen verplichtingen. Betaal zoals je gewend bent via iDeal of creditcard en download je PDF-document meteen.

Student with book image

“Gekocht, gedownload en geslaagd. Zo makkelijk kan het dus zijn.”

Alisha Student

Veelgestelde vragen