KARAKTERS 1
KARAKTER WAT WEET ONS VAN HOM FOTO
Greg Owen Hoofkarakter/Protagonis
(G-4ce) Eerstepersoonsverteller
Bly in Sandhurst, Johannesburg.
Sy ouers is baie ryk.
Was hoofseun van Lawson College.
Is gevra om die skool te verlaat middel
matriek omdat hy die hoof van die skool se
misdade oopgevlek het.
Sy pa is in die tronk.
Hy voel skuldig omdat hy sy pa ontmasker
het en sy pa nou in die tronk is.
Hy probeer vergoed daarvoor deur na die
Baker te gaan soek.
Hy is getrou aan sy ma – hy vertel nie vir sy
pa van haar minnaar nie.
Sy broer, John, het selfmoord gepleeg.
Het extreme sports saam met sy broer
gedoen.
Hy gaan studeer Sportwetenskap in
Stellenbosch.
Hy vat sy gunstelingskildery saam: The
temptation to exist – Conrad Botes
Hy koop ʼn BMW 118i-sportmodel.
Goeie rugbyspeler – speel in Stellenbosch
rugby.
Hou van gim.
Hy twyfel soms of hy die regte ding doen.
Hy het deursettingsvermoë.
Hy gee om vir mense: sy ma, Ayla, Plank.
Hy vergewe sy pa omdat hy vir Greg verwerp
het as kind en probeer wraak neem vir sy pa.
Hy word amper deur die Baker met ʼn pet
vergiftig aan die einde.
Hy en Xander maak vrede.
Hy en sy pa maak vrede.
, DONKER WEB
KARAKTERS 2
Chris Greg se pa.
Owen Was die eienaar van ʼn groot
mediamaatskappy, Turret Media.
Hy is skuldig bevind aan moord en
terrorisme vir sy aandeel aan Project Nursery
Rhyme en is in die tronk.
Hy is The Candlestick-maker.
Hy is in Kgosi Mampuru II-tronk. C-Max.
Hy het baie druk geplaas op sy seun, John,
om die Owen-naam hoog te hou.
Hy verwerp vir Greg: sê dit moes eerder Greg
gewees het wat selfmoord gepleeg het.
Hy neem Greg kwalik dat hy in die tronk is.
Hy word deur die Baker se mense in die
tronk aangeval en beland in ICU.
Hy en Greg maak vrede aan die einde.
Greg se ma Sy het ʼn goeie verhouding met Greg.
Sy gee hom goeie raad oor die lewe.
Sy het nooit haar seun, John, se dood
verwerk nie – sy het kliphard in die leë huis
geskree uit frustrasie.
Sy wil nie haar man in die tronk besoek nie,
want dit ontstel haar.
Sy het ʼn minnaar, Johan Symington.
Hy woon by haar en hulle gaan saam met
vakansie.
Sy gee baie om vir Greg.
Sy stuur Dirk Schutte na Italië om vir Greg te
soek.
John, Greg Greg se ouer broer.
se oorlede Baie talentvol. Hy moes die Owen-naam laat
broer voortleef.
Sy pa het baie druk op hom geplaas om
suksesvol te wees.
Hy was avontuurlustig.
Hy en Greg het saam extreme sport gedoen:
bungy jumping, river rafting, rotsklim.
Hy het die grense van die lewe getoets.
Hy het ʼn oordosis pille gedrink – pille wat
deur sy pa sy maatskappy PlusUltraMed
gemaak is.