Klimatologie
Vraestel 1
At Hattingh 8/29/21 [Course title]
Eenheid 1 Middelbreedte Siklone Bladsy | 0
, © Copyright reserved/Kopiereg voorbehou At Hattingh ©
EENHEID 1 MIDDELBREEDTE- SIKLONE
ALGEMENE KENMERKE VAN MIDDELBREEDTESIKLONE
• Word ook frontale depressies (laagdrukstelsels) genoem.
• Omdat die twee lugmassas verskillende digthede het, word hulle deur ‘n front ‘geskei’.
(poolfront)
• Suidelike Halfrond -roteer winde kloksgewys.
• Noordelke Halfrond roteer winde antikloksgewys.
• Die deursnee wissel van 1 000 tot 4 000 km.
• Invloed is die sterkste in die winter, wanneer hulle die bekende koue fronte met reën bring.
• In die somer beweeg hulle verder suid van die land.
• Wissel van ‘n matige versteuring tot ‘n sterk storm.
• Sikloon: ‘n laagdrukgebied wat gewoonlik met nat en winderige weer gepaard gaan.
• Front: ‘n grens wat twee lugmassas met verskillende temperature en vogkenmerke skei.
• Warm front: waar warm lug koue lug vervang
• Koue front: waar koue lug warm lug vervang
Poolfront
Figuur 1
WAAR VORM MIDDELBREEDTESIKLONE?
• Kom voor tussen 30 ᵒen 60ᵒ noord en suid van die ewenaar.
• Beweeg van wes na oos in die westewindgordel.
Figuur 2
Eenheid 1 Middelbreedte Siklone Bladsy | 1
, © Copyright reserved/Kopiereg voorbehou At Hattingh ©
FAMILIE FRONTE:
Drie of vier fronte volg op mekaar
In die Suidelike Halfrond sal die oudste frontstelsel (die een wat eerste
daar aankom) die verste suidoos wees
Figuur 3
VORMING TOESTANDE VAN MIDDELBREEDTESIKLONE?
• Twee groot hoogdrukstelsels (antisiklone) is in
kontak op die poolfront.
• Die warm, subtropiese hoogdruk (30ᵒS en 30ᵒN)
bevat ‘n warm, vogtige seelugmassa.
• Die polêre hoogdruk(90ᵒS en 90ᵒN) bevat ‘n koue,
droë lugmassa.
• Die lugdruk konvergeer vanuit teenoorgestelde
rigtings by die twee kante van die poolfront.
• Versteurings op die poolfront lei tot ‘n plaaslike
laagdruk waarin lug sal vloei en waarom lug sal
Figuur 4
sirkuleer.
Verwys na figuur Figuur 4 en Figuur 5 vir n visuele voorstelling.
Figuur 5
Eenheid 1 Middelbreedte Siklone Bladsy | 2