Helderkleurige, eksotiese blom. Afr = kraanvoëlblom.
Verskonings Excuses
Stiptelik Punctually
Gladde Smooth
Stuur Steering wheel
Luukse Luxurious
Ingeskuif Slide into
Simmetries Symmetrical
Geplaveide Paved
Siersteenoprit Facebrick driveway
Bou/Tipografie
• Vrye vers.
• Geen vaste rymskema nie.
Tema
Die gedig gaan oor die gespanne verhouding tussen ma en seurn en ’n gebrek aan
aandag en kommunikasie.
Lewensles
• Die seun word emosioneel verwaarloos en probeer om sy ma se aandag te kry.
• Die strelitzia simboliseer die ma en haar besige leefwyse. Die seun sou graag, as hy
kon, sy frustrie eerder op haar uithaal.
• Hy rebelleer teen haar onbetrokkenheid.
1. dit was reeds te laat vir verskonings maak
Susan van Breda moet elke keer aan verskonings dink waarom sy haar seun in die steek
gelaat het.
2. toe mevrou Susan van Breda — enkele sekondes
Die gedeelte begin en eindig (r6) met ’n aandagstreep, wat as ’n parentese bekendstaan.
Dit kan ook deur hakies aangedui word. Dit sluit ’n redelike beskrywing van van Breda.
3. nadat sy die oggend om stiptelik seweuur
Georganiseerd: elke oggend, presies op dieselfde tyd.
4. met ’n lang sigaret
Dit is in haar mond.
5. tussen gladde naels agter die stuur
Haar goed, versorgde naels.