AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word verskaf as moontlike antwoorde tot die volgende vrae.
Kies die korrekte antwoord en skryf SLEGS die LETTER (A-D) langs die
VRAAGNOMMER (1.1.1-1.1.10) op jou antwoordblad, byvoorbeeld 1.1.11. D.
1.1.1 Watter van die volgende kan jy NIE leer van ‘n chemiese formule nie?
A Elemente in ‘n verbinding B Fase van die element
C Verhouding van atome D Totale aantal atome
1.1.2 Watter van die volgende is NIE ‘n sub-atomiese deeltjie nie?
A Elektrone B Protone
C Neutrone D Nukleone
1.1.3 Wat is die prefix/voorvoegsel vir 6 atome?
A Hepta- B Heksa-
C Penta- D Tri-
1.1.4 ‘n Element het ‘n atoomgetal van 30 en ‘n massagetal van 65.
Hoeveel nukleone sal die atoom hê?
A 30 B 35
C 65 D 95
1.1.5 Die element in groep 15, periode 2 op die periodieke tabel…
A Koolstof B Stikstof
C Silikon D Suurstof
1|Page www.summariessa.co.za Natuurwetenskappe
Graad 9 Junie Vraestel
, 1.1.6 Die volgende is ‘n voorbeeld van ‘n semi-metaal:
A Silikon B Lithium
C Magnesium D Koolstof
1.1.7 Stowwe aan die linkerkant van ‘n chemiese vergelyking:
A Produkte B Reaktante
C Metale D Nie-metale
1.1.8 Watter van die volgende is NIE ‘n manier om roes te keer NIE?
A Galvanisering B Elektroliese
C Verf D Olie
1.1.9 Stof met ‘n pH laer as 7 sal geklassifiseer word as ‘n:
A Suurlemoensap B Neutraal
C Suur D Alkalies
1.1.10 ‘n Neutrale stof sal ______ verkleur met universele indikator.
A Groen B Violet
C Kleurloos D Rooi [10x1]
1.2 Verskaf die korrekte TERM vir die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
TERM langs die VRAAGNOMMER (1.2.1-1.2.7) op jou antwoordblad.
1.2.1 Maatstaf van hoe alkalies of suur ‘n stof is.
1.2.2 Reaksie van ‘n stof met suurstof.
1.2.3 Naam vir groep 18 op die periodieke tabel.
1.2.4 Proses waarmee verbindings afgebreek kan word deur elektrisiteit te gebruik.
1.2.5 H2, O2, Br2, I2.
1.2.6 Naam vir groepe 3 tot 12 op die periodieke tabel.
1.2.7 Wanneer sure en basisse met mekaar reageer. [1x7]
2|Page www.summariessa.co.za Natuurwetenskappe
Graad 9 Junie Vraestel