Garantie de satisfaction à 100% Disponible immédiatement après paiement En ligne et en PDF Tu n'es attaché à rien 4.2 TrustPilot
logo-home
Autre

AFK1502 WERKSOPDRAG 2 2021

Note
-
Vendu
1
Pages
7
Publié le
06-04-2022
Écrit en
2021/2022

WERKSOPDRAG 2 VRAE EN ANTWOORDE

Établissement
Cours









Oups ! Impossible de charger votre document. Réessayez ou contactez le support.

École, étude et sujet

Établissement
Cours

Infos sur le Document

Publié le
6 avril 2022
Nombre de pages
7
Écrit en
2021/2022
Type
Autre
Personne
Inconnu

Sujets

Aperçu du contenu

SEMESTER 1

WERKOPDRAG 02
(Skriftelik)

Inhandigingsdatum: 2 Junie 2021
Unieke nommer: 362373

INSTRUKSIES:

• Bestudeer die voorskrifte in paragraaf 8.5.1 van hierdie studiebrief ten opsigte van die tipografiese
en ander voorskrifte vir die beantwoording van ’n werkopdrag.
• Laat genoeg ruimte toe tussen vrae vir korreksies en kommentaar.
• Skandeer, tik of maak ’n fotostaat van die plagiaatverklaring en heg dit aan hierdie werkopdrag.

LET WEL: Die plagiaatverklaring mag nie apart ingestuur word nie.

VRAAG 1

Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daaroor gestel word:

1. Miskien het dit tyd geraak dat jy gaan sit en dink oor wat jy regtig uit die lewe wil hê. As jy soms
wonder waarom die lewe so saai en eentonig is, is dit moontlik omdat jy nie gereeld vir jouself
doelwitte stel nie; dat jy heel waarskynlik jouself nie toelaat om te droom nie. Dit is belangrik om
drome te hê. Dit maak nie saak hoe groot of hoe klein jou droom is nie. ’n Droom gee jou daardie
ekstra motivering om jou dag en jou verantwoordelikhede aan te pak. As dit by droom kom, kan jy
maar groot dink.

2. Dit is noodsaaklik om aksie te neem. Party mens onderdruk hul drome al so lank dat hulle lankal nie
meer droom nie. Ander mense gee weer soveel aandag aan hul dagdrome dat hul drome net
dagdromery bly. Dit is net mense wat tot aksie oorgaan wat daarin slaag om hul drome ’n
werklikheid te maak. Elke dag word in hierdie proses ’n geleentheid om jou nader aan jou ideale te
bring.


3. Jy sal moet tyd maak in jou dag om oor jou drome te dink en om dit selfs neer te skryf. Besluit
presies wat jou drome is en dink veral oor die drome wat jou passievol maak. Hierdie drome is meer
geneig om ’n werklikheid te word. Verander elke detail totdat jy tevrede met jou idees is.


4. As jy eers besluit het wat jou drome is, is dit tyd om te begin beplan. Deel elke droom in vyf
praktiese stappe op. Deel dan elk van die vyf stappe vir jou droom weer in vyf kleiner stappies op.

10

, AFK1502/001/3/2021

Jy behoort nou ’n lys van aksies te hê wat makliker bereikbaar en doenbaar is. Dit het tyd geraak
om daardie eerste stap van jou droom te neem. Registreer vir ’n kursus wat jy al lank uitstel, doen
aansoek vir ’n werk, maak daardie foonoproep of lees die boek wat jy al so lank terug gekoop het.
Dit kan regtig enigiets wees, maar jy moet die eerste stap na jou droom toe neem!

5. Onthou dat elke dag belangrik is. As jy ernstig is om jou drome en ideale te bereik, moet jy besef dat
elke dag ’n nuwe geleentheid is. Probeer om elke dag drie dinge te doen wat jou nader aan jou
droom sal bring. As hierdie aksies ’n prioriteit in jou lewe word, sal jy stadig maar seker al hoe nader
aan jou doelwitte en jou drome beweeg. Dit mag soms voel asof jou droom te groot of onbereikbaar
is. Herinner jouself dan net daaraan dat geen aksie slegs beteken dat daar geen verandering sal
wees nie.

6. Baie mense begin goed met die navolging van ’n doelwit net om weer fokus te verloor en die droom
te laat vaar. Dit gebeur gewoonlik as hul doelwitte nie duidelik genoeg uiteengesit is nie. Kyk ten
minste een keer per maand weer na die aksieplan om jou doelwit te bereik. Verfyn weer jou plan en
versamel artikels wat jou inspireer. Visualiseer ook hoe dit sal wees as jou droom uiteindelik
bewaarheid word. Dit alles sal jou hopelik help om gemotiveerd te bly.

7. Probeer jy dalk te veilig wees of dink jy te klein? Ons word gereeld deur ons familie, vriende en die
samelewing gekondisioneer om ons drome realisties te hou. Onthou net dat as jy klein drome
droom, sal jy uiteindelik ook net klein doelwitte bereik. As jy egter groot droom en jy bereik selfs net
die helfte van daardie doelwitte, het jy steeds veel meer bereik as wanneer jy jouself sou beperk het.


8. Maak jouself gereed. Versamel soveel moontlik inligting oor jou droom. Dit kan jou moontlik help om
jou doelwitte om jou droom te bereik beter te verstaan. Lees meer daaroor op die internet, tree met
mense in verbinding wat dieselfde belangstellings of drome het en vind uit of daar toepaslike
organisasies is waaraan jy kan behoort. Droom en droom groot!

VRAAG 1

1.1 Verskaf ’n elementêre bouplan vir bostaande teks. (8)

1.2 Skryf nou ’n kort samevatting van die teks. Die lengte moet ongeveer 150 - 170 woorde wees.
Die oorspronklike teks het altesaam 659 woorde. (10)

1.3 Skryf die volgende sinne oor in die passief: (4)

1.3.1 As dit by droom kom, kan jy maar groot dink.
1.3.2 Deel dan elk van die vyf stappe vir jou droom weer in vyf kleiner stappies op.

1.4 Bestudeer die volgende sin waarin daar ’n verbinder is wat ’n verhouding tussen die
sinsdele skep:

Jy moet aksie neem, omdat dit al manier is om jou drome te bewaarheid.

1.4.1 Wat is die verbinder in bostaande sin? Skryf slegs die verbinder neer. (2)

1.4.2 Wat is die verhouding tussen die sinsdele? (2)




11
4,18 €
Accéder à l'intégralité du document:

Garantie de satisfaction à 100%
Disponible immédiatement après paiement
En ligne et en PDF
Tu n'es attaché à rien

Faites connaissance avec le vendeur

Seller avatar
Les scores de réputation sont basés sur le nombre de documents qu'un vendeur a vendus contre paiement ainsi que sur les avis qu'il a reçu pour ces documents. Il y a trois niveaux: Bronze, Argent et Or. Plus la réputation est bonne, plus vous pouvez faire confiance sur la qualité du travail des vendeurs.
luandrimyburgh University of South Africa (Unisa)
S'abonner Vous devez être connecté afin de pouvoir suivre les étudiants ou les formations
Vendu
32
Membre depuis
4 année
Nombre de followers
32
Documents
61
Dernière vente
2 année de cela

5,0

1 revues

5
1
4
0
3
0
2
0
1
0

Récemment consulté par vous

Pourquoi les étudiants choisissent Stuvia

Créé par d'autres étudiants, vérifié par les avis

Une qualité sur laquelle compter : rédigé par des étudiants qui ont réussi et évalué par d'autres qui ont utilisé ce document.

Le document ne convient pas ? Choisis un autre document

Aucun souci ! Tu peux sélectionner directement un autre document qui correspond mieux à ce que tu cherches.

Paye comme tu veux, apprends aussitôt

Aucun abonnement, aucun engagement. Paye selon tes habitudes par carte de crédit et télécharge ton document PDF instantanément.

Student with book image

“Acheté, téléchargé et réussi. C'est aussi simple que ça.”

Alisha Student

Foire aux questions