Kwartaal 3
Uitskeidingstelsel
* Jou liggaam moet ontslae raak van afvalstowwe
* Die stelsel is verantwoordelik vir verwydering van afvalstowwe uit die bloed en
reguleer die liggaamsvloeistowwe.
Wat is die belangrikste prosesse van die uitskeidingstelsel?
* Filterasie
* Absorpsie
* Verspreiding
* Uitskeiding
Die uitskeidingstelsel:
vena cava Aorta
Regternier
Nieraar Nierslagaar
Urienbuis (ureter) Linkernier
Blaas
Uretra
, 2
Uit watter 6 dele bestaan die uitskeidingstelsel?
1. Niere
2. Aorta en nierslagaar
3. Vena cava inferion en nieraar
4. Ureter ( urienbuis)
5. Blaas
6. Uretra
Die niere:
* is boontjievormig
* is ongeveer so groot soos n vuis
* elke nier word deur n vetlagie beskerm
* Gelee in buikholte, reg onder die diafragma, weerskante van die werwelkollom.
* Die regternier is effens laer as die linernier.
Wat is die funksies van die niere?
* Speel n groot rol in die uitskeiding van afvalstowwe
* Reguleer die hoeveelheid water wat in die bloed en weefselvloeistof voorkom deur
fisiologiese prosesse
* Reguleer die hoeveelheid suur en mineraalsoute. So word verseker dat die liggaam nie
deur sy eie oorskot oorweldig word nie.
Wat is Osmoregulasie?
* Die fisiologiese prosesse van n organisme om waterbalans te handhaaf.
Noem die 4 goed wat in die niere plaasvind:
1. Osmoregulasie: handhaaf n watersbalans
2. Filtrasie: Bloed word gefiltreer en metaliese afvalstowwe soos ureum word uit die bloed
verwyder.
, 3
3.Herabsorpsie: Water,soute en ander stowwe word geherabsorbeer.
Die water wat nie geabsorbeer word nie,hou die afvalstowwe in oplossing wat later
uitgeskei word.
4. Die vorming van urine: Die water wat nie geherabsorbeer word nie vorm saam met die
avfalstowwe urine in die niere wat later uitgeskei word.
Kortvraag:
* Om jou waterbalans te handhaaf moet jy ongeveer 1.5l per dag nodig buiten die wat in
jou voedsel voorkom. (8 glase)
* As jy nie 8 glase drink nie kan jou liggaam nie van die afvalstowwe ontslae raak nie.
Kortvraag:
* Jou bynier skei andrenalien af.
Wat is die funksies van die Ureter ( Urienbuis)?
* Die twee buise vervoer urine vanaf die niere na die blaas.
Wat is die funksies van die blaas?
* Gaar urine op voordat dit na n tydperk uitgeskei word.
Wat is die funksies van die Uretra?
* Vervoer uriene vanaf die blaas na buite.
*Daar vloei ongeveer 1930 l bloed deur die niere, maar slegs n 1000'ste word in urine
omgeskakel.
Noem en verduidelik 3 gesondheidskwessies by die niere:
1. Nierstene:
* Uriensoute kristalliseer in bakteriee wat n kern vorm en lei tot stene in niere ,
Ureters of blaas.