hoenderpootvrou, en haar uitgebreide familie en aan die ander kant dié van die maatskaplike
werkster, en die ‘stiltes’ wat albei families teister. Die geweld teenoor vroue en kinders en die
ontoegeeflikheid van Ganyesa se stof wat oor grense heen die verskille tussen ras en stand
uitwis totdat die een soos die ander word.
– Jeanne Goosen
’n Fassinerende debuut.
– Louise Viljoen
’n Allerpragtigste verhaal, vol ingehoue drif en trane, vol gees en wêreld, en vol tasbaarhede.
Wat sy skryf, is van vandag en van hier. Dis van Afrika. Jy ruik die teks, jy sien die woorde, jy
hoor dit. Dit leef.
– Petra Muller
,Wenner van die UJ-prys (Universiteit van Johannesburg) vir die beste debuutwerk 2005.
Wenner van die Eugène Marais-Prys vir die beste debuutwerk 2005.
Wenner van die Jan Rabie/Rapport-Prys vir innoverende Afrikaanse skryfwerk 2006.
, Marlize Hobbs
FLARDE
’n Novelle
e-Boeke vir Afrika