,LAPA Uitgewers
www.lapa.co.za
,OceanofPDF.com
, Een
“Shakespeare was miskien hierdie hengse romantiese skrywer, maar hy
was ’n seksis, nes die meeste mans. Hy’t seker heeldag op sy agterent
gesit en skryf terwyl ’n vrou vir hom kos gemaak, sy klere gewas en sy
vuil sokkies opgetel het.”
Daar’s ’n geskokte stilte in die klas. Selfs Miss Riley, alias Perfect
Tense, die Engelsonderwyseres, lyk effens uit die veld geslaan. Agter in
die klas proes iemand gedemp. My wange word warm en ek weet ek lyk
sweerlik weer soos ’n sonryp tamatie, maar ek gee nie eens om nie. Ek
is nou eenmaal op die oorlogspad.
“Interesting point, Marzanne,” sê die onderwyseres versigtig, “but I’d
like to know why you think so.”
Ek sluk. “Wel, kyk maar net na Romeo and Juliet. Dis veronderstel
om die romantiesste storie op aarde te wees, maar die arme, patetiese
Juliet sit die heeltyd op die balkon en wag vir Romeo om vir haar te
kom liefdesgedigte voordra.”
Ek is verstom deur my eie briljante literêre insigte. Dit voel asof die
woorde sommer vanself by my mond uitborrel. “Die ou wat in die
middel van die nag voor mý venster kom gedigte voordra, smyt ek
wraggies met ’n emmer koue water. En asof dit nie genoeg is nie, pleeg
Juliet selfmoord toe sy dink Romeo is dood. So asof meisies nie sonder
mans kan lewe nie.”
“Mag wees, maar ek wed julle ou Shakespeare was flippen gewild
onder die girls. Meisies is mos mal oor sulke sensitiewe ouens,” mompel
een van die seuns agter in die klas. Almal bars natuurlik uit van die lag.
Literêre insig daarmee heen. Ek kyk geïrriteerd om, vas in Armand