ASSIGNMENT 2
DUE DATE: 15 APRIL 2025
, Vraag 1 (leereenheid 3)
Lees leereenheid 3 in die studiegids. Leereenheid 3 handel oor die digkuns van Loftus
Marais. Bestudeer dan die gedig “Fabulisha de la Queillerie beskou ’n Kaaps-
Hollandse gewel” deur Loftus Marais. Die gedig is op die e-reserwes beskikbaar.
Nommer die gedig se reëls van 1 tot 26. Beantwoord die volgende vrae:
1.1 Bespreek twee van Loftus Marais se literatuuropvattings (poëtikale
beskouings).
Speelse intertekstualiteit en vermenging van hoë en populêre kultuur: Marais is bekend
vir sy gebruik van verwysings wat wissel van klassieke kuns en geskiedenis tot
popkultuur. Hy verwys hy byvoorbeeld na Lady Di en Liza Minnelli, maar ook na
koloniale argitektuur en filosofie. Dis soos n mengsel van grense tussen sogenaamde
“ernstige” en “ligter” literatuur, en wys dat albei s’n ewe veel insig en betekenis kan hê.
Subjektiewe ervaring en identiteit as voorbeelde handeling.Fabulisha is ’n karakter wat
haar identiteit skep en herskep soos ’n akteur op ’n verhoog – met grimering,
dramatiese gebare en stylvolle houdings. Marais stel dus identiteit nie as iets vas nie,
maar as iets vloeibaar en veranderlik – soos in “elke dag net ’n kleedrepetisie”. Hierdie
siening resoneer met queer-teorie en postmodernisme waar die self as konstruksie
beskou word.
1.2 Twee ooglopende verbande met Suid-Afrika se koloniale verlede in die
gedigtitel:
i. “Fabulisha de la Queillerie” as intertekstuele verwysing na Krotoa/Eva en koloniale
vroulike figuur
Die naam “de la Queillerie” verwys waarskynlik na Maria de la Queillerie, die vrou van
Jan van Riebeeck . ’n simboliese figuur in die koloniale vestiging aan die Kaap.
Fabulisha se naam is dus ’n homoseksuele, speelse herverbeelding van ’n historiese
karakter – wat wys op hoe koloniale geskiedenis herskryf en ondermyn kan word.