AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (EAT)
GEDIGTE
1
, GEDIG 1
KRISIS – Elizabeth Eybers CRISIS
1. Dis hier wat ons twee skei - jy, Hart, en ek, 1. It’s here that we two part - you, Heart, and I,
2. albei tot afskeid so onvoorbereid. 2. both so unprepared for farewell.
3. The path you lead was lovely
3. Die weg was lieflik waarlangs jy gelei't
4. but now it's over, even though you stare back. Now
4. maar dis verby, al staar jy terug. Nou strek
stretches
5. die pad langs klowe, afgrond en moeras. 5. the path along ravines, precipice and swamp.
6. Voortvarend en 'n lafaard soos altyd 6. Impetuous and a coward as always
7. en nooit in staat tot enige besluit 7. and never capable of making a decision
8. en siek daarby, is jy nou net 'n las. 8. and sick as well, you're just a burden now.
9. Jy was die gas en gasheer by die fees, 9. You were the guest and host at the feast,
10. die seremoniemeester en die nar: 10. the master of ceremonies and the clown:
11. your foolish advice can only confuse the Head
11. jou dwase raad kan net die Hoof verwar
12. where every step may be the last.
12. waar elke tree die laaste tree mag wees.
13. Look, it is getting late, the festival is over,
13. Kyk, dit word laat, die kermis is verby,
14. can't you understand? Here we must part.
14. kan jy dit nie begryp? Hier moet ons skei.
(Uit: Versamelde gedigte. Human & Rousseau en Tafelberg,1980)
2
,NOTAS
AGTERGROND
In hierdie gedig beeld Elizabeth Eybers ‘n gesprek uit tussen die hoof (verstand) en die hart (emosies). Die hoof is die spreker in die gedig
en redeneer op ‘n afdoende manier met die hart. Hierdie is 'n oomblik in die spreker se lewe waar sy (Hoof) 'n besluit geneem het, maar die
hart nie wil luister nie. Dus volg daar 'n innerlike krisis by die spreker. Die spreker wil op 'n allegoriese (allegorical) wyse hierdie innerlike
krisis verbeeld. Die spreker wil nie meer gepla word deur die oorgevoeligheid van die hart nie, maar eerder staatmaak op die nugterheid
van die verstand. Die ironie is dat die twee nie geskei kan word nie omdat ons ons harte nodig het om te
oorleef (survive). Net omdat jou hart gebroke (broken) is, beteken nie dat jy daarvan ontslae kan raak nie.
TITEL
Die titel vertel vir ons dat die spreker 'n krisis beleef. Daar bestaan ‘n krisis tussen emosie (Hart) en rede
(Hoof). Volgens die HAT beteken die word KRISIS:
• ‘n Situasie waarin daar ‘n ernstige/groot probleem is wat vinnig hanteer/opgelos moet word sodat die
toestand nie vererger/versleg nie./ ‘n Beslissende stadium of keerpunt.
STEMMING
Aanvanklik beslis (decided) dan vertwyfeld (doubtful) met die laaste twee reëls weer beslis. Dit beklemtoon die
verwardheid/krisis. Die spreker (Hoof) kies om na rede te luister.
TOON
Somber / donker omdat die skeiding tussen rede en emosie aangespreek word.
BOU
Die gedig is 'n voorbeeld van 'n Italiaanse sonnet.
Uiterlike bou:
Die sonnet het 'n vaste vorm. By die Italiaanse sonnet bevat die eerste gedeelte die beeld en die tweede gedeelte bevat die toepassing
(application) of boodskap.
• Strofe 1 bestaan uit 'n oktaaf (agt versreëls). Die emosies van die hart word hier bespreek. Die spreker voel dat Hart
voortvarend (impulsive) is en as ‘n lafaard optree.
• Strofe 2 bestaan uit 'n sestet (ses versreëls). Hart verteenwoordig verskillende rolle. Daar is ‘n gevoel
van bitterheid in reël 8 en 11.
Innerlike bou:
Hier is 'n argument wat gevoer word.
In die oktaaf word 'n beskrywing gegee van die letterlike pad, maar ook van die figuurlike pad wat "Hart" en "Hoof" gevolg het. In die sestet
word na die belewenis (experience) van die pad verwys. Dit is asof die spreker afdwaal en in die laaste twee versreëls weer besef waar die
gesprek begin het. Die laaste twee versreëls beklemtoon die finaliteit van die spreker se besluit- die rede en emosies moet skei. Dit sluit aan
by die eerste
twee versreëls sodat die gedig 'n mooi hegte eenheid vorm. Hier word 'n sirkel voltooi.
RYMSKEMA
Strofe 1 = abbacddc OMARMDE RYM (Reël 1-8)
Strofe 2 = effegg OMARMDE RYM (Reël 9-12) EN PAARRYM (Reël 13-14)
ENJAMBEMENT
Dit gee aan die stellings 'n onafgebroke, besliste toon, maar ook 'n gejaagdheid wat 'n vinnige tempo
veroorsaak
TEMA
Die innerlike krisis tussen die hart en die verstand.
BOODSKAP
Universele waarheid: Besluite word geneem met jou hart of verstand.
3
,