GRAAD 9
NATUURWETENSKAPPE
TOETSE, VRAESTELLE & MEMORANDUMS
150 BLADYSE
,
,AFDELING D
ASSESSERING
Kwartaal 1 Toets 1 D2
Kwartaal 2 Toets 2 D6
Halfjaareksamen D8
Kwartaal 3 Toets 3 D12
Eksamen: Kwartale 3 en 4 D14
Let wel: Die toetse en eksamens wat in hierdie afdeling van die
Onderwysersgids ingesluit is, is voorbeelde en kan net so gebruik
word, of die onderwyser kan dit aanpas om by sy/haar doel en
omstandighede te pas.
, Graad 9 Formele assessering (skoolgebaseerd)
Kwartaal 1: Toets 1
Punte: 40 Tyd : 1 uur
Afdeling A
1 Verskeie moontlikhede word gegee as antwoorde op die volgende vrae. Dui die korrekte
antwoord aan deur slegs die letter op jou antwoordblad te skryf.
a Die villus kom voor in die:
A dikderm
B maag
C dunderm
D mond
b Bevrugting van die eiersel vind plaas in die:
A Fallopiusbuis
B eierstok/ovarium
C baarmoeder/uterus
D vagina
c Reukselle is reseptore wat voorkom:
A in die neusholte
B in die oog
C in die vel
D op die tong (3 × 2) [6]
2 Skryf die korrekte term vir elk van die volgende stellings neer.
a) die chemikalieë wat gebruik word om vir die teenwoordigheid van stysel te toets
b) die deel van die long waar die uitruiling van gasse plaasvind
c) die struktuur wat die lugpyp toemaak wanneer jy sluk
d) die brein en rugmurg van die senuweestelsel
e) ’n verandering wat ’n organisme in sy omgewing bespeur [5]
3 Watter van die volgende liggame in die sel word met die onderstaande genommerde
prosesse verbind – nukleus/selkern, vakuool, chloroplaste, mitochondria?
a) selrespirasie
b) fotosintese
c) gee vorm aan die sel
d) beheer die funksies van selle [4]
Totaal Afdeling A: [15]
K WAR T AA L 1 • TO E T S 1 D3