100% de satisfacción garantizada Inmediatamente disponible después del pago Tanto en línea como en PDF No estas atado a nada 4.2 TrustPilot
logo-home
Resumen

Summary toerisme GR11 notas

Puntuación
-
Vendido
2
Páginas
58
Subido en
07-08-2024
Escrito en
2023/2024

toerisme GR11 notas (toerisme GR11 notas)

Institución
Grado











Ups! No podemos cargar tu documento ahora. Inténtalo de nuevo o contacta con soporte.

Escuela, estudio y materia

Institución
Grado
Schooljaar
200

Información del documento

Subido en
7 de agosto de 2024
Número de páginas
58
Escrito en
2023/2024
Tipo
Resumen

Temas

Vista previa del contenido

Geografie
Toerisme


qq.zzi.EE#.sz.. .z

Graad 11




.q oqqq
Opgesom deur skool_notas

Toerisme




%BB.aqg.m.aagga.si#ogd
Graad 11
Opgesom deur skool_notas .

, Toerismesektore
Vervoerdienste in Suid-Afrika
Lughawens, lugrederye en lughawebedrywighede
Soorte vlugte
Inkomende vlugte kom in Suid-Afrika vanuit 'n ander land aan.
Uitgaande vlugte gaan vanaf Suid-Afrika na 'n ander land.
Binnelandse vlugte vlieg tussen lughawens in dieselfde land.
Streeksvlugte vlieg na buurlande.
Interkontinentale vlugte is langafstandvlugte tussen twee kontinente
Transkontinentale vlugte vlieg oor 'n kontinent.
Verbindingsvlugte vind plaas wanneer 'n vliegtuig by 'n lughawe tussen die vertrek- en aankomspunt land.
Die vlugnommer vir die volgende deel van die reis verander.
Passasiers moet soms van een vliegtuig of lugredery na 'n ander by hierdie tussenpunt (verbindingspunt) verander.
Langafstandvlugte is reise oor lang afstande wat gewoonlik meer as 6,50 uur duur.
Mediumafstandvlugte duur drie tot ses uur.
Kortafstandvlugte is reise oor kortafstande wat minder as drie uur duur.
Huurvlugte is vlugte wat op versoek volgens die kliënt se behoeftes gereël word.


Soorte lughawens
Internasionale lughawens soos OR Tambo in Johannesburg is poorte waardeur toeriste in Suid-Afrika arriveer of die land verlaat.
Internasionale lughawens is gewoonlik groot, met lang aanloopbane en lugverkeerbeheertorings.
Nasionale lughawens, wat ook as binnelandse lughawens bekend staan, hanteer slegs binnelandse vlugte.
Lughawens in privaat besit word nie deur die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) bedryf nie.
Privaat landingstroke in Suid-Afrika is nie vir die publiek beskikbaar nie en kan uit 'n geteerde landingstrook bestaan, of bloot 'n strook
grond wat gelyk gemaak is.

Lughawens in Suid-Afrika
Ligging op 'n kaart
Internasionale lughawens
OR Tambo Internasionale Lughawe (JNB).
Kaapstad Internasionale Lughawe (CPT).
King Shaka Internasionale Lughawe (DUR).
Mpumalanga Internasionale Lughawe (MQP).
Lanseria Internasionale Lughawe (HLA).
Pilanesberg Internasionale Lughawe (NTY).
Polokwane Internasionale Lughawe (PTG).
Bloemfontein Internasionale Lughawe (BFN).
Port Elizabeth Internasionale Lughawe (PLZ).
Upington Internasionale Lughawe (UTN).


Nasionale lughawens
Kimberley Lughawe (KIM).
George Lughawe (GRJ).
Pietermaritzburg Lughawe (PZB).
Die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA) ken 'n drieletter-identifikasiekode aan elke lughawe toe soos hierbo aangedui.

Kopiereg skool_notas 1

,Lughawens wat deur ACSA bedryf word
Nasionale/binnelandse lughawens
Oos-Londen (ELS).
George (GRJ).
Kimberley (KIM).

Internasionale lughawens
OR Tambo Internasionale Lughawe (JNB) in Kemptonpark, Gauteng.
Kaapstad Internasionale Lughawe (CPT).
King Shaka Internasionale Lughawe (DUR).
Pilanesberg Internasionale Lughawe (NTY).
Bloemfontein Internasionale Lughawe (BFN).
Port Elizabeth Internasionale Lughawe (PLZ).
Upington Internasionale Lughawe (UTN).

Lughawens binne privaat besit
Nasionale/binnelandse lughawens
Pietermaritzburg Lughawe (PZB) in KwaZulu-Natal.

Internasionale lughawe
Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe (MQP) naby Nelspruit (Mbombela), Mpumalanga.
Lanseria Internasionale Lughawe (HLA) naby Krugersdorp, Gauteng.
Polokwane Internasionale Lughawe (PTG) in Limpopo.

Lugderye wat in Suid-Afrika werksaam is
Suid-Afrika se nasionale redery
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is Suid-Afrika se nasionale redery en sy middelpunt is by OR Tambo Internasionale Lughawe.
SAL bied binnelandse, streeks- en internasionale vlugte.
SAL bied sitplekke in die ekonomiese en besigheidsklas en vlugdienste soos maaltye en drankies is by die prys van die kaartjie ingesluit,
wat dit 'n voldiens-lugredery maak.

Ander binnelandse voldiens-lugrederye
South African Express Airways en Airlink is twee ander voldiens-lugrederye wat binnelandse vlugte bied.


Laekoste-lugrederye
Laekoste-lugrederye sluit nie addisionele dienste by die prys van 'n kaartjie in nie.
Hulle vlugte is dus gewoonlik heelwat goedkoper as die van voldiens-lugrederye.
Twee laekoste-lugrederye is in Suid-Afrika werksaam : kulula.com en Mango Airlines.
Kenmerke wat laekoste-lugrederye gewild onder toeriste maak, is die bekostigbaarheid daarvan, aanmeldprosedures en die druk van
instapkaarte wat aanlyn gedoen kan word, gereelde spesiale aanbiedings en bande met bekostigbare motorverhuringsmaatskappye en
verblyfinstellings.


Internasionale rederye wat in Suid-Afrika werksaam is
Talle internasionale rederye het kantore in Suid-Afrika en bied internasionale vlugte na en vanaf Suid-Afrika.
British Airways is 'n internasionale redery wat binnelandse vlugte in Suid-Afrika bied.




Kopiereg skool_notas 2

, Roosters van lugrederye wat in Suid-Afrika werksaam is
Elke lugredery het sy eie rooster of skedule.
Die roosters van lugrederye wat in Suid-Afrika werksaam is, kan van verskillende bronne bekom word, byvoorbeeld aanlyn, in die GSA-
tydskrif (wat deur reisagente gebruik word), en in vlugtydskrifte.
Roosters dui aan watter lughawens gebruik word, aankoms- en vertrektye, vlugnommers, die gereeldheid van vlugte en die soort vliegtuie.

Lughaweterminologie
Die lughawe
Lughawens het drie hoofdele : die landgebied, die luggebied en die eindpuntgebou.
Die landgebied is die deel buite die eindpuntgebou.
Die publiek het toegang tot hierdie deel.
Die landgebied sluit areas in soos aflaai- en oplaai-areas, motorhuurfasiliteite, parkeerterreine, skadu-parkeerareas en parkering vir
lughawetaxi's en -busse.
Die luggebied sluit alle dele in waar vliegtuie parkeer om passasiers en bagasie op te te laai.
Dit sluit opritte of teerbane, laaiblaaie, aanloopbane, tenkplase en skure in.
Die eindpuntgebou is die gebou waar passasiers arriveer en vertrek.
Publieke areas in eindpuntgeboue sluit kaartjietoonbanke, winkels en restaurante en banksale in.
Beperkte areas in die eindpuntgebou het passasiersitkamers en winkels en restaurante waar passasiers wag om aan boord van hulle
vliegtuig te gaan.


Aanmeld- en instapprosedures vir vertrek
Wanneer passasiers by die lughawe aankom, gaan hulle na die vertreksaal in die eindpuntgebou.
By die betrokke aanmeldtoonbank gaan 'n beampte van die lugredery die passasier se ID-boek of paspoort en die kaartjie of e-kaartjie na,
laat die passasier toe om 'n sitplek te kies, en reik 'n instapkaartjie uit.
Die beampte weeg ook die passasier se begasie en neem dit in.
Die passasier kry 'n instapkaart, en beweeg na die sekuriteitskontrolepunt met sy/haar handbagasie.
Alle handbagasie en items wat gedra word, beweeg deur 'n metaalverklikker en X-straalmasjien om te verseker dat die passasier nie enige
verbode items aan boord neem nie.
Die passasier loop deur 'n metaalverklikker en X-straalmasjien om te kontroleer vir enige verbode goedere.
Die passasier betree dan die beperkte area.
Vertrekkende internasionale passasiers beweeg dan na paspoortbeheer.
Passasiers stap dan na die instaphek.


Bagasietoelating en reëls op binnelandse vlugte
Bagasie sluit items in wat 'n passasier wil dra of gebruik, of wat hom/haar tydens die vlug gerieflik sal maak.
Gekontroleerde bagasie is die bagasie wat in die lugredery se bewaring geplaas word.
Dit word geweeg, gemerk en in die bagasieruim van die vliegtuig geplaas.
Handdra-items en handbagasie word nie ingeneem nie en word deur die passasier gehou.
Op die meeste binnelandse vlugte word een stuk handbagasie in die ekonomiese klas toegelaat.
Die maksimum grootte mag nie 115cm oordkry nie (lengte + breedte + hoogte).
Die gewig mag nie 8kg oorskry nie.
Passasiers in besigheidsklas mag twee items van 8kg elk saamneem.
Items wat nie as handbagasie saamgeneem mag word nie, sluit mense, lemme, skêre, breinaalde en naelvyle in.
Medisyne, toiletware, suurstof, 5 liter alkohol, 0.05 liter parfuum en vuurhoutjies of 'n aansteker mag as handbagasie saamgeneem word.



Kopiereg skool_notas 3
$9.82
Accede al documento completo:

100% de satisfacción garantizada
Inmediatamente disponible después del pago
Tanto en línea como en PDF
No estas atado a nada

Conoce al vendedor

Seller avatar
Los indicadores de reputación están sujetos a la cantidad de artículos vendidos por una tarifa y las reseñas que ha recibido por esos documentos. Hay tres niveles: Bronce, Plata y Oro. Cuanto mayor reputación, más podrás confiar en la calidad del trabajo del vendedor.
elrilombard University of Pretoria
Seguir Necesitas iniciar sesión para seguir a otros usuarios o asignaturas
Vendido
27
Miembro desde
1 año
Número de seguidores
4
Documentos
25
Última venta
2 semanas hace

5.0

1 reseñas

5
1
4
0
3
0
2
0
1
0

Recientemente visto por ti

Por qué los estudiantes eligen Stuvia

Creado por compañeros estudiantes, verificado por reseñas

Calidad en la que puedes confiar: escrito por estudiantes que aprobaron y evaluado por otros que han usado estos resúmenes.

¿No estás satisfecho? Elige otro documento

¡No te preocupes! Puedes elegir directamente otro documento que se ajuste mejor a lo que buscas.

Paga como quieras, empieza a estudiar al instante

Sin suscripción, sin compromisos. Paga como estés acostumbrado con tarjeta de crédito y descarga tu documento PDF inmediatamente.

Student with book image

“Comprado, descargado y aprobado. Así de fácil puede ser.”

Alisha Student

Preguntas frecuentes