Besigheidstudies – Graad 10 – Kwartaal 4 – Opgesom uit die VERKEN handbook
INHOUDSOPGAWE:
Onderwerp 16: Selfbestuur in ‘n besigheidskonteks Bl 2-6
Onderwerp 17: Die bereiking van besigheidsdoelwitte deur verhoudings en
spanprestasie Bl 6-9
1|Page
, Onderwerp 16: Selfbestuur in ‘n besigheidskonteks
Eenheid 1: Tydsbestuur, persoonlike doelwitte, sukses en ‘n gebalanseerde leefstyl
Sleutelwoorde:
Tydsbestuur: Om jou tyd op so ‘n manier te gebruik sodat jy alles wat jy moet doen binne die tyd
wat jy gedoen kan kry.
Stel jou persoonlike doelwitte: Om te dink oor die toekoms en oor dit wat jou motiveer om jou
drome te bewaarheid.
Gebalanseerde leefstyl: Balans tussen die sleutelelemente in jou lewe – die fisieke, intellektuele,
geestelike, sosiale en materiële elemente.
Sukses: Om die gewenste uitkoms van ‘n plan of doelwit te bereik.
1.1 Tydsbestuur
‘n Goeie manier om jou tyd te bestuur is om jou werk op ‘n weeklikse basis uiteen te sit. Mens doen dit so:
Maak ‘n lys van alles wat jy moet doen, die tyd wat jy nodig het om dit te voltooi en die datum wat
dit klaar moet wees.
Verdeel jou tyd daarvolgens.
Maak seker dat jy tyd uitsit om aan die einde van die week na die vorige week se werk te kan kyk
en ook om die volgende week se werk te beplan.
Neem jou persoonlike werkstyl in ag bv. Wanneer werk jy die beste – onder druk, of na oefening,
of voor etes?
Hou rekord van hoe goed jou beplanning uitwerk, en kyk of jy jou planne vir die volgende week
moet aanpas.
Belangrike redes vir tydsbestuur is:
Om doelwitte betyds te bereik
Om jou aandag te hou op dit wat die belangrikste is om eerste te doen
Om jou daaglikse, weeklikse en maandlikse aktiwiteite te beplan
Omdat tyd ‘n skaars hulpbron is
1.2 Persoonlike doelwitte
Om persoonlike doelwitte te stel kan jou help met:
Jou houding – dit bepaal hoeveel van jou doelwitte jy sal bereik. Verander negatiewe houdings na
iets positeif.
Jou loopbaan – waar wil jy binne 3 tot 5 jaar wees in jou loopbaan?
Jou opvoeding – leer is iets wat aanhoudend gebeur en jy moet nooit ophou leer nie.
Jou familie – die hoeveelheid tyd wat jy het om saam met jou familie deur te bring.
Jou finansies – sodat jy jou geld so kan spandeer sodat jy ook die “nice to haves” kan geniet.
Jou gesondheid – sodat jy gesond is en bly om dit wat jy bereik het te geniet.
Jou persoonlike lewe – sodat jy tyd vir jouself kan hê en dit wat jy geniet te kan doen.
1.3 Sukses
Mense meet sukses aan geld. Jy kan baie geld maak en ook ‘n goeie invloed wees op ander mense.
2|Page