Prysleid - Antjie Krog
1. in die sandkliphart
2. vandag
3. staan hy
4. kop en skraal skouers staan hy bo almal uit
5. houtskool en as is sy hare
6. hy, die sandkleurige seun van uNosekeni
7. uNosekeni die ma van Mandela
8. hy, die man met die vlesige palmkussings
9. hier staan hy
10. uit die gevestigde familie van uNgubengcuka
11. die seun van Dalindyebo
12. die seun van Mandela
13. hy van die rivieroewers by iNqunu
14. heelmaker uit die Thembu-stam
15. 'n klein swart ster priem sy bolip
16. ons prys hom
17. hy wat nie lag nie en nie huil nie
18. eerste ratelaar van Umkhonto we Sizwe
19. die swart pimpernel
20. hy wat nie lag nie en ook nie huil nie