Tien Haikoes vir die Vredefortkoepel
Meteoriet
1. Deur die donker klief
2. ‘n klipvuis en klap lewe
3. uit die aarde uit.
Wind
1. ‘n Asem jaag oor
2. yslike nagte en vee
3. ons winternis weg.
Water
1. Jy maak so silwer
2. sonder droё woorde sin
3. wat my skoon verstom.
Grond
1. Vang reёn en son in
2. die bakhand van jou lyf waar
3. lewe kliphart klop.
Boom
1. Veerlig dwarrel herfs
2. van kil takke los en broei
3. nog ‘n lente uit.
Mens
1. Toe staan stof uit stof
2. en oorheers die aarde op
3. grond van sy bestaan.
Wêrelderfenis
1. En ons koepel skeur
2. al langs perforasies vann
3. mens-dom middeldeur.
Besoedeling
1. Nou moet dier en duif
2. hees van rook en roet vir
3. byl en treksaag boet.
Dankgebed
1. Heer, ons paaie lê
2. uitgeteer oor brûe met
3. water onderdeur.
Tien
1. Vuis van swael en vuur
2. gaan duskant ons Groot Ekskuus
3. weer kom asem haal.
Meteoriet
1. Deur die donker klief
2. ‘n klipvuis en klap lewe
3. uit die aarde uit.
Wind
1. ‘n Asem jaag oor
2. yslike nagte en vee
3. ons winternis weg.
Water
1. Jy maak so silwer
2. sonder droё woorde sin
3. wat my skoon verstom.
Grond
1. Vang reёn en son in
2. die bakhand van jou lyf waar
3. lewe kliphart klop.
Boom
1. Veerlig dwarrel herfs
2. van kil takke los en broei
3. nog ‘n lente uit.
Mens
1. Toe staan stof uit stof
2. en oorheers die aarde op
3. grond van sy bestaan.
Wêrelderfenis
1. En ons koepel skeur
2. al langs perforasies vann
3. mens-dom middeldeur.
Besoedeling
1. Nou moet dier en duif
2. hees van rook en roet vir
3. byl en treksaag boet.
Dankgebed
1. Heer, ons paaie lê
2. uitgeteer oor brûe met
3. water onderdeur.
Tien
1. Vuis van swael en vuur
2. gaan duskant ons Groot Ekskuus
3. weer kom asem haal.