ONDERWERP 2: BIODIVERSITEIT EN KLASSIFIKASIE:
BIODIVERSITEIT VAN LEWE OP AARDE –
Biodiversiteit = verskeidenheid lewende organismes wat op aarde voorkom.
Biodiversiteit in Suider-Afrika:
Inheemse spesies
Spesies wat natuurlik in ‘n bepaalde land of streek voorkom.
Uitheemse spesies
Spesies wat nie natuurlik in ‘n bepaalde land of streek voorkom nie, maar
wat per ongeluk of doelbewus vanaf ‘n ander land of streek daarnatoe
gebring is.
Endemiese spesies
Spesies wat slegs in een land of streek voorkom en nêrens anders in die
wêreld nie (Suikerbekkie, oewerkoenyn en disa).
Klassifikasie van organismes –
Wetenskaplikes het klassifikasiestelsels ontwerp as ‘n manier om biodiversiteit te organiseer.
Klassifikasie = sortering en groepering van organismes met soortgelyke eienskappe.
Takson = groepe waarin organismes verdeel word.
Taksonomie = Formele wetenskaplike klassifikasie van organismes.
Geskiedenis van klassifikasie:
Verskillende klassifikasiestelsels oor die jare ontwerp.
1. Tweerykstelsel
Carl Linnaues (Sweede botanis) het lewende organismes in twee ryke verdeel,
naamlik Plantae (plante) en Animalia (diere).
Linnaues het ‘n hiërargiese klassifikasiestelsel ontwerp, waar sewe kategorieë
(taksons) in elke Ryk gebruik is.
Kategorieë is op gedeelde fisiese kenmerke binne elke groep gebaseer.
10