Lewenswetenskappe: Graad 10
Kwartaal 2 KONTROLE TYD: 50
Totaal: 50 MIN
TOETS
Eksaminator:
Moderator:
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies en beantwoord die vrae wat volg.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Begin die antwoord op ELKE vraag bo-aan ‘n NUWE bladsy.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
4. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
5. Maak ALLE tekeninge met ‘n potlood en die byskrifte met blou ink.
6. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
7. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken nie.
8. MOENIE grafiekpapier gebruik nie.
9. Jy moet ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
gebruik waar nodig.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
1
, AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.3) neer, byvoorbeeld 1.1.4 E.
1.1.1 ‘n Kamer in die hart wat bloed deur die aorta pomp.
A Regteratrium
B Linkeratrium
C Regterventrikel
D Regterventrikel
1.1.2 Fase van die hartsiklus waartydens die atriums en die ventrikels verslap.
A Atriale sistool
B Ventrikulêre sistool
C Algemene diastool
D Algemene sistool
1.1.3 ‘n Deel van die biosfeer wat uit grond en rotse bestaan word die … genoem.
A geosfeer
B litosfeer
C terasfeer
D hidrosfeer (3 x 2) (6)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.) neer.
1.2.1 Bloedsirkulasiestelsel waar bloed binne die bloedvate bly.
1.2.2 Diere waar liggaamstemperatuur van die omgewingstemperatuur afhang.
1.2.3 Tipe bloedvat wat bloed weg van die hart vervoer.
1.2.4 Deel van die aarde waar alle lewende organismes voorkom.
1.2.5 Plante wat aangepas is om in droë toestande te oorleef.
1.2.6 Bakterieë en swamme wat op dooie organiese materiaal voed.
(6 x 1)
(6)
2