ONDERWERP 1:
DIE CHEMIE VAN LEWE
TERME:
Atoom = kleinste eenheid van materie.
Molekule = twee of meer atome wat chemies verbind is.
Element = suiwer stof wat nie uit eenvoudiger stowwe opgebou is nie.
Verbinding = suiwer stof wat uit eenvoudiger stowwe (elemente) opgebou is.
MOLEKULES VIR LEWE
Chemiese
verbinding
Anorganiese Organiese
verbinding verbinding
1. ANORGANIESE VERBINDINGS:
Chemiese verbindings wat nie die element koolstof (C) besit nie en nie deur lewende
organismes vervaardig word nie (water, gasse en minerale soute).
1.1 WATER:
FUNKSIES
Oplosmiddel Vervoermiddel
Medium waarin chemiese reaksies Smeermiddel
plaasvind Reguleer liggaamstemperatuur
Reagens tydens hidrolise Bied vorm en stewigheid
1.2 MINERALE SOUTE:
Anorganiese stowwe/elemente wat deur lewende organismes (plante, mense, diere)
benodig en geabsorbeer word. Plantwortels absorbeer soute uit grond; mens en diere
kry minerale soute uit voedsel.
1
, LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 10: KWARTAAL 1 OPSOMMINGS
MIKRO- EN MAKRO-ELEMENTE
Mikro-element = minerale soute wat in klein hoeveelhede benodig word.
Makro-element = minerale soute wat in groot hoeveelhede benodig word.
BELANGRIKHEID VAN MINERALE SOUTE IN PLANTE EN DIERE
MAKRO-ELEMENT
Element Funksie Gebreksiekte
Kalsium (Ca) Bou sterk bene en tande Mens → ragitis (sagte en
Nodig vir bloedstolling swak bene); osteoporose
Nodig in korrekte werking van spiere en (beensiekte)
senuwees Plante → swak wortelgroei
Fosfor (P) Bou sterk bene en tande Mens → kom selde voor.
Komponent van ATP Plante → vertraagde
Komponent van DNA en RNA wortelgroei
Natrium (Na) Handhaaf waterbalans Mens → spierkrampe
Help met funksionering van senuwees en Plante → onbekend
spiersametrekking
Beheer hartritme
Kalium (K) Handhaaf waterbalans Mens → kom selde voor
Spierontspanning Plante → geel en bruin
Reguleer hartritme blaarrande
Aktiveer plantensieme
MIKRO-ELEMENTE
Yster (Fe) Help met vorming van hemoglobien Mens → anemie/moegheid
Help met vorming van chlorofil-molekule in en swakheid/hoofpyne
plante Plante → chlorose (vergeling
van blare)
Jodium (I) Komponent van hormoon tiroksien Mens → goiter (kropgeswel)
BEMESTINGSTOWWE
Eutrofikasie = wanneer stikstof- en fosfaatryke verbindings deur water na damme en riviere
vervoer word. Dit veroorsaak ‘n toename in alge wat die son blokkeer (algebloei).
Waterplante kan nie meer fotosinteer nie en vrek. Die plante ontbind deur bakterieë en die
ontbinding laat suurstofvlakke daal. Visse en ander akwatiese organismes sterf a.g.v. te min
suurstof.
2
, LEWENSWETENSKAPPE GRAAD 10: KWARTAAL 1 OPSOMMINGS
2. ORGANIESE VERBINDINGS:
Chemiese verbinding wat die element koolstof (C) besit en deur lewende organismes
vervaardig word (koolhidrate, lipiede, proteïene, nukleïensure en vitamiene).
Saamgestel uit koolstof (C), waterstof (H) en suurstof (O) (ook N, P en S).
2.1 KOOLHIDRATE:
Opgebou uit ringvormige eenhede = sakkariede.
Word in DRIE groepe verdeel volgens aantal sakkariede teenwoordig:
o Monosakkariede (een sakkaried) → suiker - maklik oplosbaar en soet.
o Disakkariede (twee sakkariede) → suiker – soet en wateroplosbaar.
o Polisakkariede (baie monosakkariede) → nie-suiker – onoplosbaar, nie soet.
MONOSAKKARIED DISAKKARIED POLISAKKARIED
Enkelringstrukture: Word gevorm wanneer TWEE Lang kettings monosakkariede
o Glukose monosakkariede verbind: wat verbind:
o Fruktose o Maltose o Stysel (in plante gestoor)
o Galaktose o Sukrose o Glikogeen (mens/dier
o Laktose gestoor)
* Glukose = basiese bousteen o Sellulose (in selwand van
van alle koolhidrate. plantselle)
2.2 LIPIEDE (VETTE EN OLIES)
Opgebou uit TWEE tipes boustene:
o Gliserol
o Vetsure
EIENSKAPPE:
Onoplosbaar in water
Oplosbaar in eter en alkohol
Hidrofobies – stoot water af.
TIPES VETTE:
Versadigde vette
o Van dierlike oorsprong (botter, varkvet)
o Vastestof by kamertemperatuur
Onversadigde vette
o Van plantaardige oorsprong (olyfolie, canola-olie, sonneblomolie)
o Vloeistof by kamertemperatuur
3