Bevolkingsekologie
’n Populasie is die som van alle individue van dieselfde spesie wat dieselfde gebied
in ’n bepaalde ekosisteem beset. ’n Populasie maak deel uit van ’n groter
gemeenskap. ’n Gemeenskap is die somtotaal van al die populasies wat ’n
spesifieke gebied in ’n ekosisteem beset.
Bevolkingsgrootte (Populasiegrootte)
----is die totale aantal individue waaruit daardie populasie bestaan---
4 faktore / parameters wat populasiegrootte bepaal:
1. Nataliteit (Geboortes)
2. Mortaliteit (Sterftes)
3. Immigrasie (Aankoms)
4. Emigrasie (Verlaat)
- Oop bevolking: al 4 paramaters kom voor
-Geslote bevolking: waar emigrasie en immigrasie nie kan plaasvind nie
- Positiewe groei: wanneer bevolkingsgrootte toeneem
- Negatiewe groei: wanneer bevolkingsgrootte afneem
Om die populasiegrootte te bereken, gebruik ons die vergelyking:
N = (B + I) – (D + E)
• N = populasiegrootte
• B = geboortes
• D = sterftes
• I = immigrasie
• E = emigrasie
As die balans positief is, sal die populasie toeneem
As die balans negatief is, sal die populasie afneem
, Tel of Meting van Bevolkingsgrootte
Direkte telling: ’n Sensus is die omvattende telling van alle individue in ’n populasie
of bevolking. Hierdie tegniek is geskik vir plante en diere wat maklik sigbaar is of vir
stilstaande organismes.Die sensustegniek word algemeen en oral gebruik om die
grootte van die menslike bevolking te bepaal.
Indirekte telling: Steekproefneming (Lynopname, Kwadraat), Merk-hervang tegniek
Merk–hervang-metode (Petersen-Indeks-Formule)
-gebruik om die populasiegrootte van mobiele diere te bepaa
- diere word gemerk
-gemerkte individue word dan vrygelaat
- hulle word later hervang en die verhouding wat gemerk is, word gebruik om die
grootte van die totale populasie te beraam.
Die populasiegrootte kan beraam word met die Petersen-indeks wat die volgende
formule gebruik: N = M × C deel deur R
N = geskatte populasiegrootte M= totale aantal gevang en gemerk (1e besoek)
C = totale aantal individue gevang (2e besoek ) R= totale aantal gemerkte individue
hervang.
Die merkmetode sal af hang van die soort spesie wat die populasie verteenwoordig.
Voëls word meestal gering, visse kry gewoonlik ’n metaal- of plastiekmerker aan ’n
vin, en kleiner diere soos kewers kan gemerk word met ’n kol nie-giftige verf op die
toraks. Groot soogdiere kan halsbande kry.