1. Interfase : Stadium tussen verdelings
Spesialisasie van sel
Sel groei tot volle grootte
Nuwe organelle vorm
Chromosoom word gekopieer
2. Mitose:
Verdeling van nukleus
2 prosesse: kariokinese (verdeling van kern) en sitokinese (verdeling
van sitoplasma)
Mitose
Doel van Mitose
1. Groei
2. Herstel
3. Voortplanting
Die proses van Mitose
1. Ter voorbereiding vir verdeling van selkern, repliseer DNA (verdubbel)
- INTERFASE
2. Die chromatinnetwerk vorm sigbare chromosome – PROFASE
3. Chromosome rangskik hulself in die middel van die sel, geheg aan
spoeldraadjies – METAFASE
4. Elke chromosoom verdeel en sy 2 chromatiede word na
teenoorgestelde pole van sel getrek – ANAFASE
5. Die sitoplasma verdeel om 2 identiese selle te vorm - TELOFASE