Graad 11
Landboubestuur-
PRAKTYKE
Finale Eksamen
2025
Hulpbronne: @IMPAQ NOV 2021, @IMPAQ NOV 2022, IMPAQ NOV 2023 & IMPAQ NOV
2024
Hierdie notas is saamgestel om jou te help voorberei vir die Finale Graad 11
Landboubestuur-eksamen.
Die inhoud sluit alle nuwe werk van Termyn 3 en 4 in, sowel as belangrike hersiening van
Termyn 1 en 2 waar dit by die November-vraestelle aansluit.
Gebruik hierdie notas as jou hoofbron vir hersiening. Let egter op dat sekere vrae in die
eksamen direk gekoppel is aan inhoud wat reeds in T1 en T2 notas gedek is. Wanneer dit
gebeur, sal jy ’n aanduiding kry om terug te gaan na daardie notas vir detail en verdere
verduideliking. Om T1- en T2-notas te koop, kontak
Die notas is opgebreek volgens die hoofopskrifte van jou kurrikulum en ondersteun met:
• Voorbeelde uit vorige November-eksamens
• Definisies en terme wat gereeld getoets word
• Hersieningswenke om jou te help fokus op kernwerk
Onthou: Hierdie notas is nie ’n plaasvervanger vir jou eie studiewerk nie, maar ’n
studiegids wat jou stelselmatig deur die belangrikste temas lei en jou wys hoe vorige
vraestelle by jou werk aansluit.
Sterkte met jou voorbereiding!
Juffrou Ansie
@Juffrou_Ansie
, 2
INHOUDSOPGAWE
1. Doelwitte van veldbestuur 5
2. Dra kapasiteit & veldkomposisie 6
3. Weidingstelsels (selektief, nie-selektief, rotasie, intensief/ekstensief) 8
4. Huisvesting, hantering & nabehandeling (horingverwydering, kastrasie, identifikasie) 10
5. Voortplantingstegnologie (oestrus, KI, embriotransplantasie, kloning, seleksie en teel) 12
6. Basiese veeartseny (diagnose, immunologie, siektebeheer) Error! Bookmark not
defined.
7. Parasitologie (intern/ekstern) 14
8. Voeding & rantsoene 15
9. Rekordhouding (produksie, finansies, gesondheid) 16
10. Klassifikasie, kultivars, groeistadiums 16
11. Ekonomiese belang van gewasse Error! Bookmark not defined.
12. Grond- en waterbestuur (profiele, horisonte, tekstuur, pH, besproeiing, skedulering) 18
13. Plantdigtheid en Plantestand 19
14. Bemesting & grondontleding 20
15. Gewasbestuur (onkruid, plae, siektes; wisselbou vs. monokultuur) 20
16. Gewasbeskerming (chemies, biologies, meganies) 22
17. Presisieboerdery & implemente 23
18. Soorte risiko’s (tegnies, mark, aanvaarbaar vs. onbekostigbaar) 23
19. Arbeidsveiligheid, gesondheid & wetgewing 24
Kortvrae
Onkruid Groei vinnig, saad versprei maklik (pionierplante)
Droëland mielies Reënval ± 500–900 mm per jaar
Nie-dragtige ooie Bereik bronstigheid elke 17 dae
Plaatplanter Verouderde tegnologie
@Juffrou_Ansie
, 3
Kuddeparing Hele kudde gelyktydig met 2–3 ramme per eenheid
Sprinkelbesproeiing Word veral in gematigde klimaatstreke gebruik
Stamboekseleksie Dier erf 50% eienskappe van ma en 50% van pa
Menseregte Geen diskriminasie t.o.v. indiensneming en beroepe
Inkrement Klein hoeveelheid materiaal op ’n spesifieke plek geneem
Sinchronisasie van
Gelyktydige bronstigheid van ooie
oestrus
Term Definisie / Beskrywing
Suksesvolle Behels die mees ekonomiese benutting van die natuurlike hulpbronne
gewasverbouing se biologiese potensiaal
’n Vleisskaap wat ontstaan het uit ’n kruising tussen die Dorset Horn
Dorper
en Swartkoppersie
Toevoeging van die nodige plantvoedingselemente soos stikstof (N),
Bemesting
fosfaat (P), kalium (K) en ander elemente
Nageslagtoetsing Die teelwaarde van ’n dier deur middel van sy nageslag gemeet
Superovulasie Behels die stimulasie van meervoudige ovulasies by die skenkerooi
Die stuk grond wat besproei moet word, word in ’n hele aantal kleiner
Kombesproeiing
eenhede verdeel
’n Koggelram ’n Ram wat ná ’n operasie nie in staat is om die ooie te dek nie
Bestuursfaktore wat die opbrengs beïnvloed, sluit ryspasiëring en
Plantdigtheid
hoeveelheid plante in ’n ry in
’n Bate ’n Item wat ’n geldwaarde het en wat deur die boerdery besit word
Grondbewerking ’n Hulpmiddel in die suksesvolle produksie van gewasse
Organiese fosfate Guano (voëlmis) en visafval
Winterploeg Maak larwes dood wat in stronke onder die grond oorwinter
Prikkelvoeding Verhoog die geslagsdrang van ooie
@Juffrou_Ansie