LEWENSWETENSKAPPE
2025
Voorbereidingseksamen
GRAAD 12
VRAESTEL 1
Vorige eksamenvraestelle is gebruik om hierdie
aantekeninge saam te stel. SACAI SEP 2019 – 2021.
LEWENSWETENSKAPPE (VRAESTEL 1) (10831) 2024. NSC AUGUSTUS/SEPTEMBER
LEWENSWETENSKAP P1 REKORD | 2023.
Hierdie is slegs voorgestelde antwoorde uit die memorandums. Sommige inligting word
herhaal, ek wil jou die verskillende maniere wys waarop dieselfde inligting gevra word.
Ek moedig jou aan om die berekenings-/illustrasievrae te beantwoord.
Nota: Sekere inligting word ook in Termyn 2 (Junie) se notas gedek. As jy nog nie T2 se notas
aangekoop het nie, kontak
Juffrou Ansie
Sterkte.
ONDERWERPE:
MEERVOUDIGE KEUSE VRAE 2
1. Reproduktiewe strategieë by gewerwelde diere 6
2. Menslike voortplanting 9
3. Menslike reaksies op die omgewing 20
4. Die menslike endokriene stelsel en homeostase 30
5. Plantreaksies op die omgewing 37
@ Juffrou_Ansie
, 2
MEERVOUDIGE KEUSE VRAE
Die beskrywing van die fisiese verdedigingsmeganisme van
die Acacia-spesie teen herbivore: Die groei van langer, meer
digte stekels of dorings. Meganiese/fisiese
beskermingsmeganisme
Adrenalien Die adrenalien hormoon beïnvloed die tempo van hartklop. ‘n
Belangrike hormoon in die ‘veg-of-vlug’ respons. ʼn Hoë
konsentrasie adrenalien in die bloed lei tot ʼn toename in
bloedglukosevlakke, omdat glikogeen in die lewer en spiere
omgeskakel word in glukose.
Die hormoon adrenalien Die voordelige effek van die gebruik van adrenalien tydens 'n
word as behandeling vir asma-aanval: Ontspanning van die gladde spiere in die
asma-aanvalle gebruik. lugweë. Sirkulêre spiere ontspan en die radiale spiere trek
saam.
Herwinning Die proses om nuwe produkte te maak van materiaal wat
voorheen vir iets anders gebruik is.
Endometrium Klierryke, vaskulêre binnelaag van die uterus waar inplanting
van die embrio plaasvind.
Medulla oblongata Die struktuur in die menslike liggaam wat chemoreseptore
bevat om die veranderinge in die bloed pH, wat deur 'n
toename in koolstofdioksied veroorsaak word, waar te neem.
Epididymis Die struktuur in die manlike voortplantingstelsel waar sperm
gestoor word.
Bio-afbreekbaar Stowwe wat natuurlik afgebreek kan word.
Serviks Die onderste deel van die uterus wat aan die vagina verbind
is.
Kretinisme Die toestand wat deur 'n onderafskeiding van tiroksien in
kinders veroorsaak word.
Tiroïedstimulerende ʼn Hormoon van die pituïtêre klier wat die skildklier stimuleer
hormoon / TSH om sy hormoon te produseer/ Die hormoon wat ʼn toename in
die tempo van die metaboliese tempo van die selle stimuleer
Menstruele siklus Die maandelikse siklus van veranderinge in die ovaria en die
voering van die uterus.
Eilandjies van Klein groepies selle in die pankreas wat 'n endokriene funksie
Langerhans uitvoer deur hormone af te skei.
Endotermiese Die groep diere wat ongeag die omgewingstemperatuur ‘n
konstante liggaamstemperatuur handhaaf.
@ Juffrou_Ansie
, 3
Voorbeelde van Vrystelling van speeksel as kos in die mond kom & Die wegruk
refleksreaksies van jou hand vanaf ‘n skerp voorwerp.
Die verdunning van die osoonlaag as gevolg van chemikalieë soos chloor-
fluoorkoolstowwe (CFK’s) lei tot velkanker
Lens Deel van die oog waar katarakte vorm
Negatief geotropies Die reaksie van stingels op swaartekrag toon dat hulle
negatief geotropies is
Naelstringaar /vena / Die bloedvat wat suurstof en voedingstowwe van die moeder
umbilikale vena na die fetus vervoer.
Rugmurg / rugstring Die staaf van senuweeweefsel wat die brein aan die res van
liggaam verbind.
Meninges Beskermende membrane wat die brein en die rugmurg
omring.
Puberteit Die proses van fisiese en verstandelike veranderings
waartydens ‘n kind se liggaam seksueel volwasse word.
Keëltjies Reseptorselle in die retina wat aktief is in helder lig en ons
kleur laat sien.
Voorbehoeding/ Prosedures om swangerskap te verhoed.
kontrasepsie
Optiese senuwee Die bondel senuweeweefsels wat impulse van die retina na
die serebrum gelei.
Illustasie van ‘n homoloë paar chromosome aan die begin van
meiose
Volhoubaarheid Die handhawing van biodiversiteit is belangrik vir
volhoubaarheid. Voldoen vandag aan die behoeftes van
mense sonder om die aarde vir toekomstige geslagte te
beskadig
Illustrasie van meiose
Akrosoom
Die akrosoom bevat ensieme wat help om die buitenste laag
van die ovum af te breek.
Bysiendheid
Veraf voorwerpe kan nie duidelik gesien word nie.
Uretra Die manlike voortplantingsbuis wat beide uriene en semen na
buite die liggaam vervoer.
@ Juffrou_Ansie
, 4
Suspensoriese Strukture wat die siliaarliggaam aan die elastiese lens
ligamente verbind.
Absissiensuur Die planthormoon wat plantgroei vertraag en plante in staat
stel om gure klimaatomstandighede te oorleef.
Aksone Senuweevesels wat die senuwee-impulse weg van die
selliggaam vervoer.
Altrisiële ontwikkeling Die soort ontwikkeling wat in diere voorkom wat die meeste
van hulle energie op voeding en beskerming van hulle
nageslag na geboorte spandeer.
Akkommodasie Die vermoë van die lens om die vorm van die buiging daarvan
te verander ten opsigte van die afstand van ‘n voorwerp vanaf
die oog.
Monokultuur ‘n Boerderypraktyk waar ‘n enkele gewas op dieselfde stuk
grond vir ‘n aantal opeenvolgende jare geplant word.
Blastosist ‘n Meersellige struktuur wat uit die sigoot ontwikkel en in die
uterus inplant.
Ovoviparie 'n Vorm van voortplanting waar die embrio in die moeder se
liggaam ontwikkel waar dit gevoed word deur ‘n plasenta
totdat dit gebore word.
Goiter
Die mineraal wat die vrou ‘n tekort aan het is Jodium.
Hipotalamus Die temperatuurbeheer sentrum van die brein
Die uitwerking van Hulle hou die selwande elasties
ouksiene op selle
Dooiersak Die deel van ‘n amniotiese eier bevat voedsel vir die
ontwikkelende embrio
Die korrekte volgorde Ovulasie → bevrugting → inplanting → geboorte
van gebeure in menslike
voortplanting
Witstof ‘n Weefsel wat ligter in kleur is en in die binneste gedeelte van
die brein en in die rugmurg voorkom.
Knope van Ranvier Die ‘onderbrekings’ in die miëlienskede tussen aangrensende
Schwannselle.
Naelstring ‘n String van bloedvate gevorm wat die embrio met die dooier
en die allantoïs verbind.
Implantasie Wanneer die blastosist aan die wand van die uterus heg.
Parasimpatiese Die deel van die outonome senustelsel wat die ‘rus-en-
senustelsel verteer’ respons veroorsaak.
Ekskresie Wanneer die liggaam ‘n skadelike produk vrystel soos
koolstofdioksied of ureum.
@ Juffrou_Ansie