Tyd: 1 uur
Punte: 50
Graad: 12
Vak: Wiskundige Geletterdheid
Assessering: Kwartaaltoets 1
Naam en Van:
Instruksies en inligting:
• Hierdie vraestel bestaan uit twee vrae, beantwoord albei vrae.
• Die gebruik van 'n sakrekenaar is nie toegelaat nie.
• Geen Tip – Ex mag gebruik word nie.
• Wys al die stappe.
• Sterkte!!
Inhoud wat in hierdie vraestel gedek word
• Meting
• Meetkunde
• Skaal- en vloerplanne
• Tydberekeninge
• Finansiële Berekeninge
• Ruimtelike Redenering
• Data-interpretasie (diagramme en illustrasies)
Bl. 1/ 6 www.summariessa.co.za Opsteller: CHR SMI
Graad: 12 Vak: Wiskunde Gelet Datum: SEPTEMBER 2025
, VRAAG 1: Verpakking en Meting [16]
Leila koop 'n blikkie sop soos hieronder getoon, met die eerste illustrasie wat die
sopblikkie voorstel en die tweede wat die etiket voorstel. Gebruik die illustrasies
hieronder om die volgende vrae te beantwoord:
1.1.1 Onderskei tussen die radius en die omtrek van 'n sirkel. (2)
1.1.2 Toon aan dat die radius van die blikkie, afgerond tot die naaste mm, 41 mm is.
Gebruik die formule: Omtrek van 'n sirkel = , waar 2 × 𝜋 × 𝑟𝜋 = 3,142 (2)
1.1.2 Die vervaardiger vergroot die radius met 6 mm. Bereken die nuwe omtrek van
die basis. (2)
1.1.4 Bereken met hoeveel die oppervlakte van die nuwe etiket toeneem.
1.2 Leilla koop 'n pakkie met 6 van die sopblikkies van die vergrote blikkies.
Gebruik die illustrasie hieronder om te wys dat die afmetings van die boks
van die groter blikkies 28,2 cm × 18,8 cm × 22 cm is.
(4)
___________________________________________________________________
Bl. 2/ 6 www.summariessa.co.za Opsteller: CHR SMI
Graad: 12 Vak: Wiskunde Gelet Datum: SEPTEMBER 2025