LANDBOUWETENSKAPPE
Vraestel 1
GRAAD 12
Rekordeksamen 2025
Vorige eksamenvraestelle is gebruik om hierdie
aantekeninge saam te stel, @IMPAQ JUN 2022,SC/NSC_
DBE/JUN 2021, 2022, 2023 & Mambane Sekondêre Skool
Landbouwetenskappe Graad 12 Notas. EC/JUNIE 2023. IMAGES: CANVA
Hierdie is slegs voorgestelde antwoorde uit die memorandums.
Sommige inligting word herhaal, ek wil jou die verskillende maniere wys waarop dieselfde
inligting gevra word. Ek moedig jou aan om die berekening/illustrasievrae te beantwoord.
LET WEL: Jy MOET Kwartaal 1 se notas met Vraestel 1 se notas bestudeer. As jy nie
kwartaal 1 se notas gekoop het nie, kontak asseblief .
Sterkte . Juffrou Ansie
Inhoud:
Dierevoeding 3
Voerkomponente, tipes en aanvullings 3
Verteerbaarheid, energiewaarde, voedingsverhouding, Pearson-vierkant 11
Energieverlies, tekorte en simptome 17
Diereproduksie, -beskerming en -beheer 21
Produksiestelsels en hantering (fasiliteite, gedrag) 21
Behuising en siektebeheer 29
Parasiete, volhoubare medikasiegebruik, giftige plante 31
Voortplanting 39
Voortplantingstelsels en hormone 40
@Juffrou_Ansie
, Bladsy 2 of 50
Estrussiklus 43
Reproduksietegnieke (KI, embrio-oes/-oorplanting, sinchronisasie) 45
Swangerskap, geboorte en melkproduksie 47
__________________________________________________________
Kortvrae:
Bestaansboerdery Die stelsel waarin die produksie van diere en gewasse hoofsaaklik
die gesin moet voed
Distosie Die toestand waarin vroulike diere probleme tydens parturisie
ondervind
Verlies aan libido Die toestand by bulle gekenmerk deur afwesigheid van seksdrang
ʼn Voervloei ʼn Voervloei program is ʼn strategiese plan vir ʼn veeboer om
program beskikbaarheid van voer te verseker om deur die jaar aan die diere
se behoefte te voldoen
Chroniese siektes Chroniese siektes is langdurig en kom herhaaldelik by dieselfde
dier voor.
Skrotum Skrotum is ʼn beskermende tweelobbige sak wat die testis omsluit
en beskerm.
Plasenta Die plasenta is ʼn vaskulêre membraniese orgaan wat die bloed van
die moeder en die fetus in noue kontak bring.
Inplanting Inplanting is die proses wanneer blastosist aan die wande van die
baarmoeder heg.
@Juffrou_Ansie
, Bladsy 3 of 50
Dierevoeding
Voerkomponente, tipes en aanvullings
Die onderste snytande van ’n vark
Die onderste snytande van die vark is feitlik horisontaal en die onderste kaak dien as ’n
“graaf” vir voedselinname
Dele waarin dunderm (nommer 2) onderverdeel is.
• Duodenum
• Jejenum
• Ileum
Verteringsappe wat in die dunderm gedeponeer word
DBE/November 2021
• Gal
• Pankreassap
________________________________________________________________
Basiese riglyne wanneer plaasdiere vervoer word. (EC/SEPTEMBER 2023)
• Dragtige en beseerde diere moet nie vervoer word nie.
• Diere van verskillende ouderdomme en geslag moet geskei word.
• Gefluit en gekraak van swepe tydens vervoer op ʼn pad.
______________________________________________________________
@Juffrou_Ansie
, Bladsy 4 of 50
Die spysverteringskanale van plaasdiere DBE/November 2020 & SACAI SEP 2022
____________________________________________________
Die spysverteringskanaal van pluimvee (SACAI 2022)
Die esofagus (slukderm) is ’n buigbare buis wat die mond met die res van die
spysverteringskanaal verbind. Dit vervoer die kos van die mond na die krop en van die krop
die proventrike.
@Juffrou_Ansie