Monya Le Hanie
,KWARTAAL 1:
Module 1: Agro-ekologie
Eenheid 1: Ekologie en agro-ekologie
Sleutelwoorde:
Ekologie Studie van lewende dinge in verhouding tot mekaar en tot hul omgewing.
Biosfeer Dele van die Aarde se oppervlak en die atmosfeer waar lewende organisms
voorkom.
Biome Groot gemeenskappe plante en diere wat in ‘n spesifieke gebied bestaan.
Ekosisteme Groepe plante en diere wat met mekaar en hul fisiese omgewing in
wisselwerking is.
Volhoubare Wat deurlopend onderhou kan word.
Monokultuur Kweek van ‘n enkele gewas in ‘n spesifieke gebied.
Biotiese Te doen met lewe of lewende dinge.
Abiotiese Nielewende dinge van ‘n ekosisteem.
Aanpassing Verandering in struktuur en funksie wat ‘n plant of dier in staat stel om te
oorleef.
Breedteligging Afstand van die ewenaar, in grade gemeet.
Hoogteligging Hoogte van ‘n voorwerp bo seespieël.
Fotosintese Proses waardeur plante sonlig gebruik om koolstofdioksied en water in
koolhidrate en suurstof om te sit.
Fotoperiodisme Uitwerking van daglengte op die groei van ‘n plant.
Fototropisme Reaksie van plante op ligstimuli.
Sessiel Op een plek geanker.
Homotermiese Hou liggaamstemperatuur konstant deur metaboliese aktiwiteit.
Poikilotermiese Koudbloedige.
Hidrofiliese Organismes wat permanent in water leef.
Higrofiliese Organismes wat in omgewings leef waar die lug gevul is met vog.
Mesofiliese Organismes wat leef in omgewings met wisselende nat en droë seisoene.
Xerofiliese Organismes wat aangepas het om droë toestande met geen of min water te
oorleef.
,1. Wat is ekologie?
Ekologie is die wetenskaplike studie van die verskillende verhoudings of wisselwerking tussen
verskillende organismes in ‘n stelsel en hulle verhouding met die nielewende deel van hul
omgewing.
Ekologie probeer om kwessies soos die volgende te verduidelik:
o Aanpassing en lewensprosesse
o Verpreiding van organismes
o Beweging van energie deur gemeenskappe
o Ontwikkeling van ekosisteme
Boere bestuur of reageer elke dag op verskillende aspekte van ekologiese stelsels om gewasse
te verbou, vee aan te hou en voedsel te produseer
Verskillende vlakke van ekologiese organisasie
Biosfeer → Bioom → Ekosisteem → Gemeenskap → Bevolking→ Individu
1.1. Vlakke van ekologie
Die grootste skaal van ekologiese organisasie word die biosfeer genoem.
Dit is die somtotaal van ekosisteme op die planeet.
Dit sluit die gedeelte van die aarde se oppervlakte wat lewe onderhou in, sowel as grond, die
atmosfeer en die water in riviere, mere, vleilande, waterklippe en die oseaan.
Bioom is ‘n groot eenheid van organisasie wat verskillende streke van die aarde se ekosisteme
insluit, hoofsaaklik volgens die samestelling en struktuur van die plantegroei.
Bioom is ‘n natuurlike ekologiese gebied met ‘n stel unieke eienskappe, bv. ten opsigte van
klimaat, grond en landvorm.
Hierdie faktore bepaal die soort flora- en fauna-gemeenskappe wat in daardie spesifieke streek
voorkom.
Daar is 8 hoofbiome in die wêreld, naamlik:
o Tropiese reënwoude
o Gematigde breëblaarwoude
o Gematigde gemengde woude
o Gematigde bladwisselende woude
o Taiga
o Toendra
o Warm woestyne
o Poolwoestyne
Plant- en dierorganismes kom in verskillende omgewings oral in die wêreld voor.
Alle organismes leef in ‘n ekosisteem.
Ekosisteme is eenhede wat gevorm word deur die wisselwerking van lewende organismes met
hul omgewing.
Ekosisteem is ‘n afgebakende en selfonderhoudende gebied wat bestaan uit al die verskillende
lewende organismes wat in wisselwerking met mekaar en met hul abiotiese komponente is.
, Kusgebied, woud, bosgebied, poeletjie of stroom is almal voorbeelde van ekosisteme.
Gemeenskap is al die verskillende plante en diere wat ‘n spesifieke gebied bewoon.
Bevolking is ‘n groep organismes of individue (plante of diere) van dieselfde spesie wat op
dieselfde plek bly en voortplant.
Om ‘n bevolking te wees, moet individue van dieselfde soort of spesie in ‘n bepaalde gebied by
mekaar bly.
Individuele organismes van dieselfde soort word ‘n spesie genoem.
Lede van ‘n spesifieke spesie kan met mekaar teel, maar lede van verskillende spesies kan nie
met mekaar teel nie.
Voorbeelde: Leeus en luiperds is albei groot katsoorte.
Leeu is spesie Panthea leo en luiperds is spesie Panthea pardus
Leeus teel met ander leeus en kry leeuwelpies
Leeu en luiperd kan nie met mekaar teel nie, aangesien hulle nie van dieselfde spesie is nie.
1.2. Komponente van ‘n ekosisteem
‘n Ekosisteem bestaan uit biotiese (lewende) sowel as abiotiese (nielewende) komponente
Ekosisteem kan nie sonder sy abiotiese en biotiese komponente funksioneer nie
1.2.1. Biotiese komponente
Die biotiese komponente van ‘n ekosisteem is die plant- en dierorganismes.
Groen plante wat hulle eie voedsel produseer, is die produsente in die stelsel.
Organismes wat direk of indirek van produsente afhanklik is vir hul voedingstowwe, word
verbruikers genoem.
Herbivore, karnivore, omnivore en ontbinders is verbruikers.
Produsente, verbruikers en ontbinders het almal voedsel nodig vir oorlewing.
Sonlig wat deur plante vasgevang word, is die hoofbron van energie vir alle lewende organismes
Plante word ook outotrofiese organismes genoem
Outotrofe (groen plante) produseer voedsel deur die proses van fotosintese, ‘n chemiese proses
waarby die energie van die son betrokke is.
Fotosintese gebruik ook koolstofdioksied uit die lug en water uit die grond.
Verbruikers is organismes wat van ander organismes afhanklik is vir hulle voorraad
voedingstowwe
Primêre verbruikers voed uitsluitlik op plantmateriaal om hulself te onderhou
Sekondêre verbruikers voed op primêre verbruikers.
Dit beteken dat hulle karnivore is en vleis eet.
Omnivore eet plante en diere.
Ontbinders is ‘n noodsaaklike komponent van enige ekosisteem.
Dit is die mikro-organismes – die fungi en bakterieë wat op verrottende materiaal leef
Hulle maak seker dat party van die kernelemente, bv. koolstof en stikstof, in die grond
teruggesit word nadat ‘n plant en dier gevrek het.
Die ontbinders versnel die ontbindingsproses wat mineraalsoute weer in die voedselketting
vrystel sodat plante dit as voedingstowwe kan absorbeer