1. Leesbegrip
Leesbegrip toets jou vermoë om ‘n teks te verstaan en die belangrikste inligting
daaruit te haal. Dit sluit in:
Soeklees – Vind spesifieke feite of antwoorde in die teks.
Intensiewe lees – Begryp die betekenis van die teks, soos tema, toon en
emosie.
Inferensiële vrae – Maak afleidings gebaseer op die teks se inligting.
Evaluatiewe vrae – Vorm ‘n opinie oor die teks en beantwoord vrae
krities.
Sinonieme en antonieme – Woorde met dieselfde of teenoorgestelde
betekenisse.
Samevatting – Haal die hoofpunte uit ‘n teks en skryf dit bondig neer.
2. Strokiesprent
Strokiesprente is kort prentverhale met teks in spraakborrels,
gedagtesborrels en klankwoorde. Let op die volgende:
Uitdrukkings en lyftaal – Hoe emosies deur karakters se gesigte en
houdings gewys word.
Bewegingslyne – Toon aksie of rigting in die storie.
Klanknabootsing (onomatopee) – Woorde wat klanke voorstel, bv.
BOEM! of KABOEM!.
Teksplasing – Waar die teks in die prente geplaas is, en hoe dit die storie
beïnvloed.
Boodskap en tema – Die kernidee wat die strokiesprent probeer oordra.
3. Opsomming
Opsommings help jou om ‘n lang teks korter te maak deur net die belangrikste
inligting in te sluit.
Stappe vir ‘n suksesvolle opsomming:
1. Lees die teks aandagtig deur.
2. Onderstreep sleutelwoorde en hoofgedagtes.
3. Skryf die hoofpunte in eie woorde neer.
4. Moenie voorbeelde of herhalings insluit nie.
5. Hou by die woordlimiet.