STUDIEGIDS
EKSAMENVRAE EN MEMORANDUMS INGESLUIT
, PERDEKRAG
CECILIA DU TOIT
,WAT IS ʼn EENBEDRYF:
• Bestaan slegs uit een bedryf
• Kan uit een of meer as een toneel bestaan (Perdekrag = 2 tonele)
• Sentrale tema (Perdekrag = Vergifnis / Genesingskrag van interaksie tussen mens en dier)
• Boodskap (Perdekrag = Mense moet mekaar aanvaar en vergewe)
• Min karakters teenwoordig
In Perdekrag is daar drie karakters: Lucky, Wilma en Binki en drie diere-karakters: Kaizer, Lady Jane en
Tinkerbelle
• Die karakters se probleme word
in die eenbedryf uitgebeeld.
• Die gebeure speel oor twee
Saterdae af. Daar is TWEE tonele.
• Dit vind by die Silwerkloof Stalle plaas. (Agtergrond)
Die eenbedryf is baie korter as ʼn vollengte drama
SKRYWER SE DOEL
• Daar is uitkoms vir elkeen wat skuldig voel oor hul negatiewe dade.
• Elkeen met probleme het die hulp van ander nodig om bo hulle probleme uit te styg.
• Aanvaarding bring genesing, selfs deur diere.
• Vergifnis van jouself en deur ander bring heling.
TITEL
• Letterlik verwys die woord perdekrag na ’n eenheid van krag in ’n masjien.
• Die titel suggureer dat die storie oor perde handel.
• Dit is ’n woordspeling wat dui op die fisieke krag van ’n perd wat in verband gebring word met die idee
van die krag van genesing soos wat Kaizer en sy vergewensgesinde gebaar teenoor Lucky tot uiting
kom.
TEMA
• Vergifnis
• Aanvaarding
• Die hooftema is die genesingskrag van die interaksie tussen mense en diere en in die aanvaarding van
mekaar.
o Die twee hoofkarakters het emosionele letsels, skuldgevoelens en probleme om te hanteer.
, o Lucky het met sy skuldgevoelens probeer deel maar het geleer dat hy nie sy woede op onskuldige
diere kan uithaal nie.
BOODSKAP
• Mense se liefdevolle interaksie met diere bring genesing en aanvaarding.
• Mense moet steun op ander se hulp om hul probleme te bowe te kom.
• Mense moet mekaar aanvaar en vergewe.
INTRIGE / VERHAALLOOP
• Lucky se aankoms sit die handeling aan die gang. Sy koms veroorsaak spanning.
• Die konflik tussen Lucky en Wilma verhoog die spanning. Dis duidelik dat hy nie daar wil wees nie.
• Lucky gooi die leiband woedend neer en skop die strooihoop uitmekaar. Dit dui op sy gefrustreerheid
en ongelukkigheid.
• Lucky vertel hoe hy die katjies doodgemaak het.
• Lucky word eers bedreig deur die groot hings en vind dan later aanvaarding. Hy is nou minder
opstandig en nie meer so wreed teenoor diere nie.
• Lucky kry insig en hy neem vir Kaizer water.
• Lucky ontdek dat Binki ook liggaamlike en geestelike letsels het. Hy help haar om van haar vrese te
genees.
KARAKTERS
• Wilma: Sy het die dood van ʼn perd veroorsaak in haar dronkenskap
• Binki: Sy voel skuldig, teruggetrokke en skaam oor die feit dat sy nie haar hondjie uit hul brandende
huis kon red nie. Sy is bitter teenoor haar ma.
• Lucky: Hy het babakatjies verdrink – hy is vir dieremishandeling, ʼn wrede daad, met
gemeenskapsdiens gestraf. Hy het sy frustrasies en gevoel van onreg op hul uitgehaal.
• Botsing tussen Lucky en Wilma vind plaas wanneer die karakters verskillende opvattings oor sekere
sake het.
• Lucky se stryd met homself dui ook op botsing.
• Die drie diere-karakters is die 3 perde, Kaizer, Lady Jane en Tinkerbelle.
• Lucky se frustrasie oor die “gegoede leefstyl” van die mense by die perdryskool teenoor sy eie konteks
word beskryf.
• Lucky verkry insig in die gawe van genade en sagmoedigheid in die gedaante van ʼn kragtige perd, nl.
Kaizer. Die perd aanvaar hom deur sy poot uit sy eie vir Lucky te lig. Hierdie simpatieke gebaar van
aanvaarding laat Lucky insig verkry in sy situasie.