GRAAD 5
OPSOMMINGS: KWARTAAL 1, 2, 3 & 4
OEFEN TOETSE EN VRAESTELLE
ALLES-IN-EEN PAKKET
,KWARTAAL 1
,Geografie Kwartaal 1:
Kaartvaardighede: bl 5-8
Terme:
• Ewenaar → Die denkbeeldige lyn om die aarde wat dit verdeel in gelyke noordelike en
suidelike dele.
• Breedtegraad → Gee die afstand noord en suid van die ewenaar, gemeet in grade.
• Lengtegraad → Die afstand van ‘n plek oos of wes van die Greenwich meridiaan, gemeet in grade.
Die 7 kontinente/ vaste lande:
1. Noord Amerika
2. Suid Amerika
3. Europa
4. Asië → die grootste kontinent
5. Afrika
6. Australië
7. Antarktika → die koudste kontinent
Kompaspunte/ Rigting bepaling:
(Net Ons Sal Weet)
1. N – Noord
2. NO – Noord Oos
3. O - Oos
4. SO – Suid Oos
5. S - Suid
6. SW – Suid Wes
7. W - Wes
8. NW – Noord Wes
, Afrika ons kontinent: bl 11-14
Terme:
• Hoofstad → Die belangrike dorp of stad van ‘n land, gewoonlik waar die sentrale regering bedryf
word.
• Buurlande → Lande wat aan ‘n land grens.
Afrika ons kontinent:
➢
Afrika is omring deur die Suid- Atlantiese Oaseaan aan die weste en die Indiese Oseaan aan die
ooste.
➢
Elke land op die Afrika- kontinent het sy eie grens. Suid- Afrika deel grense met 6 lande:
➢
1. Botswana
➢
2. Lesotho
➢
3. Mosambiek
➢
4. Namibië
➢
5. Zimbabwe
➢
6. Swaziland
➢
Baie lande het ‘n kuslyn. Die see is hulle grense. ‘n Kuslyn is waar die land en see bymekaar
kom.
➢
Party lande het nie kuslyne nie, hulle is omring deur ander lande.
➢
‘n Land kan ook ‘n eiland wees, heeltemal op sy eie, bv. Madagaskar. ‘n Eiland is ‘n stuk grond wat
omring is deur water.
➢
Ander lande kan ook deel wees van ‘n grootter vasteland en ‘n eiland wees wat deel is van daardie
land, bv. Zanzibar is ‘n eiland wat deel vorm van Tanzanië.
➢
Kaïro is in Egipte en is die grootste land in Afrika.
Hoofstede:
➢
Interessante dinge om te weet van ‘n hoofstad:
➢
Hoofstede is altyd groot stede, maar nie noodwendig die grootste stad in ‘n land nie.
➢
Baie lande het meer as een hoofstad.
➢
Suid- Afrika het 3 hoofstede:
➢
1. Pretoria (Administratiewe hoofstaf), geleë in Gauteng provinsie.
➢
2. Kaapstad (Wetgewende hoofstad)
➢
3. Bloemfontein (Geregtelike hoofstad), geleë in die Vrystaat.