100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.2 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Madelein Rossouw - Suurlemoen Notas

Rating
-
Sold
4
Pages
19
Uploaded on
09-06-2020
Written in
2018/2019

this document has clear and well laid out summaries of the book SUURLEMOEN











Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Document information

Summarized whole book?
Yes
Uploaded on
June 9, 2020
Number of pages
19
Written in
2018/2019
Type
Summary

Subjects

Content preview

TITEL:
Die titel is net ’n ander woord vir “die boek se naam”. Hierdie boek het egter ook ’n subtitel.
• Suurlemoen! – Titel
• ’n Storie oor rock, liefde en ’n tuinkabouter – Subtitel (“Sub” beteken “onder”.)

Die titel, Suurlemoen! verwys na die naam van Tiaan, Zane, Bongi en Liezl se orkes. Die hoofintrige in die
verhaal sentreer rondom die ontstaan, probleme en sukses van hierdie orkes.
Die subtitel verskaf ’n kort en kragtige opsomming van waaroor die storie gaan en prikkel die leser se
nuuskierigheid. Ons kan reeds uit die titel aflei dat musiek ’n rol in die verhaal speel en ’n liefdesverhaal
voorspel, maar hoe pas ’n tuinkabouter in die prentjie? Die subtitel gee vir ons ’n voorskou van die subintrige
in die verhaal (Tiaan en Liezl se verhouding).
Jaco Jacobs vertel hoe die boek sy naam gekry het: “Ek het ’n suurlemoen gaan koop en dit afgeneem.
En toe het ek op Photoshop begin rondspeel en ’n plakkaat gemaak met ’n foto van ’n suurlemoen wat
by ’n muurprop ingeprop is, en ek het vir die suurlemoen ’n klankknoppie gegee, asof dit ’n CD-speler is.
Boaan die plakkaat het ek die woord Suurlemoen! – met ’n uitroepteken – geskryf. En net daar het ek
besluit dit sal ’n great naam vir ’n band wees. En so het dit die naam van my boek geword.”



DIE SKRYWER:
Jaco is op ’n klein Karoodorpie met die naam Carnarvon gebore. Hy was net sewe jaar oud toe hy al sy
eerste storie geskryf en geïllustreer het (maar hy sê dit was so simpel dat nie eens sy ma en pa dit wou
lees nie). Hy was sy hele skoolloopbaan in die Hoërskool Carnarvon, en in matriek was hy hoofseun (van
’n klas van net 14 matrieks!). Ná skool het hy B.A. Kommunikasiekunde en sy honneurs in Afrikaanse en
Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi, voordat hy by Volksblad in
Bloemfontein begin werk het, onder meer as redakteur van JIP. Deesdae is hy uitgewer van kinder- en
jeugboeke by LAPA Uitgewers. Hy het sy eerste boek, Pretpark, reeds aan die einde van matriek geskryf
(hoewel dit eers heelwat later gepubliseer is). Sy eerste boek wat verskyn het, was Troetelgedrog
(2001). Sedertdien het hy al meer as negentig boeke vir kleuters, kinders en jong volwassenes geskryf.
Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjie, Mia, en twee honde, Pippie en Binki.
Jaco se skryfwerk is reeds bekroon met die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhouttoekenning, die MML-
letterkundeprys, die Elsabe Steenbergprys en sewentien ATKV-kinderboektoekennings.

Literêre terme
Titel:

Die naam van die storie. Verraai dikwels waaroor die verhaal gaan of gee die tema. Die titel,
Suurlemoen! verwys na die naam van Tiaan, Zane, Bongi en Liezl se orkes.

Ruimte (milieu) en agtergrond:
Die ruimte is die plek waar die karakters hulle bevind en die gebeure plaasvind.

• Skool (Hoërskool Sentraal)

,• Die agtergrond is gewoonlik meer van toepassing op ’n politieke of geskiedkundige teks, waar ons iets
van die geskiedenis moet weet om die boek te kan verstaan. Al wat ons hier moet weet, as agtergrond,
is dat hierdie boek baie bewustelik in die postmodernistiese tradisie geskryf is. Die hele boek berus ook
op ’n postmodernistiese tema – dit is ’n skeppende werk oor skeppende werke.

Tydsverloop:
Verteltyd:

160 bladsye

Vertelde tyd:

Amper drie maande.

Hoe weet ons dit?

Op p. 39 is dit die Vrydag net ná die oudisies en Bongi sê daar is nog twee maande 11 oor na die einde
van die kompetisie toe. Die boek eindig net na die kompetisie. Op p. 152 (die dag van die kompetisie) sê
Tiaan hulle is amper drie maande bymekaar.

Verteller:
Eerstepersoonsverteller (ek-verteller): Een van die karakters vertel die verhaal.

Derdepersoonsverteller: Hierdie tipe verteller is ’n buitestander en gee vir die leser ’n blik van buite op
’n groep karakters en gebeure.

• Eerstepersoonsverteller (Tiaan) vertel hierdie verhaal.

• Hoofkarakter:

Tiaan (ook die verteller)

• Newekarakters:

Zane, Liezl, Bongi, meneer Marx, juffrou Pienaar, Tiaan se ma, meneer Van Schalkwyk, Psycho Bob en
Willem, Frik van Tonder. Uiterlike voorkoms:

Hoe lyk die karakters?

Innerlike eienskappe:

Verwys na aspekte van die karakter se persoonlikheid. Karakterontwikkeling: As ’n karakter deur die
verhaal groei of verander of tot nuwe insigte kom. Karakterisering: Hoe skets die skrywer vir die leser ’n
prentjie van die karakters? Voorbeelde is hoe die verteller die karakter beskryf, dialoog (wat die karakter
sê en hoe hy praat), die karakter se naam, wat die karakter dink, ens.

, Intrige:
Die plot. Die reeks gebeure waaruit ’n verhaal opgebou is. Die gebeure word op so ’n manier
georganiseer dat dit tot ’n klimaks lei en in ’n ontknoping opgelos word. Die intrige is dus hoe die storie
ontwikkel/verloop.

 Klimaks
 Ontknoping
 Tydsverloop

In Suurlemoen! leer ons die karakters aan die begin ken. Dan sien ons hoe die orkes ontstaan, ’n naam
kry, opbreek, weer bymekaarkom en ... die kompetisie wen (klimaks)

Konflik:
Die gebeure in die storie veroorsaak botsing/konflik. Innerlike konflik: Wanneer die karakter wroeg oor
iets of wanneer daar konflik in die karakter se gemoed is, bv. Tiaan hou van Liezl, maar sy beste vriend,
Zane, hou ook van haar ... Wat sal hy doen? Uiterlike/eksterne konflik: Karakters bots of baklei met
ander karakters, die omgewing of gemeenskap as geheel, bv. ná die dag by Tiaan se huis, praat Zane en
Liezl nie met Tiaan nie. Uiterlike konflik kan lei tot innerlike konflik en andersom.

Handeling:
Wat gebeur in die storie?

Uiterlike handeling: Dinge wat ons sien gebeur.

Innerlike handeling: Die gedagtes of gevoelens van die karakters.

Boodskap:
In elke verhaal wat mens lees, is daar lewenslesse opgesluit. Watter les(se) kan jy uit die verhaal leer?

• Aanhouer wen.

• Wie nie waag nie, wen nie.

• Wees net jouself.

• Leef jou drome uit.

n Kort oorsig oor die postmodernisme
Die postmodernise speel ’n baie belangrike rol in hierdie roman. Wat is die postmodernisme? Om
Suurlemoen! te verstaan, moet ons iets van die postmodernisme weet. Meneer Marx se “lesing” oor die
postmodernisme (pp. 8-9) is nie om dowe neute ingegooi nie. Net so is Liezl se definisie nie toevallig hier
geplaas nie. Kyk weer daarna: “Dis gewoonlik ’n soort reaksie op die modernisme, Meneer. Dit lewer
met ander woorde kommentaar op ouer kuns.” Ons kan dus verwag dat Suurlemoen!, die boek, ook
kommentaar gaan lewer op ouer kuns.
R80,00
Get access to the full document:

100% satisfaction guarantee
Immediately available after payment
Both online and in PDF
No strings attached

Get to know the seller
Seller avatar
madeleinrossouw22

Document also available in package deal

Thumbnail
Package deal
AFK1501 Notes and summaries - Madelein Rossouw
-
1 8 2020
R 640,00 More info

Get to know the seller

Seller avatar
madeleinrossouw22 University of South Africa (Unisa)
View profile
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
5
Member since
5 year
Number of followers
4
Documents
11
Last sold
3 months ago

0,0

0 reviews

5
0
4
0
3
0
2
0
1
0

Recently viewed by you

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions