KLANKLEER / FONETIEK
STUDIE VAN KLANK
DEEL 3
SANET GOUWS
, 1. INLEIDING
Wanneer ons skryf, maak ons van letters gebruik
om woorde op papier voor te stel. Letters stel die
verskillende spraakklanke met simbole voor.
Skrif is net letters en dus niks ander as
spraakklanke wat konkreet op papier voorgestel
word nie.
Reeds 3 000 jaar voor Christus het die Egiptenare ‘n skriftelike alfabet wat uit
24 letters bestaan, ontwikkel. Die Grieke het die huidige alfabet uit Latyn
oorgeneem en dit verbeter tot 26 letters en dit word vandag nog dwarsoor die
wêreld gebruik. Skrif is dus eintlik net ‘n nabootsing van klanke, maar ons
alfabet kan nie al die spraakklanke (in Afrikaans het ons meer as 70
spraakklanke)1 voorstel nie en boonop spel ons nie altyd soos ons praat nie.
Wanneer ons praat, gebruik ons baie meer klanke as net die 26 letters in die
alfabet en sommige van die letters gebruik ons baie min soos byvoorbeeld
c, q, x en z.
• Dit is duidelik dat ons alfabet nie ten volle gebruik kan word om al die
spraakklanke voor te stel nie, daarom is ‘n FONETIESE ALFABET
ontwikkel sodat elke spesifieke klank sy eie spesifieke teken kan hê.2
• Soms moet TWEE LETTERS gebruik word om EEN KLANK voor te stel,
bv. “ie” [i] in “liedjie”.
• Ander kere moet EEN LETTER VERSKILLENDE KLANKE voorstel, bv.
die letter “g” klink verskillend in “geel” [ç], “berge ”[g] en “gras” [x]. Die
letter “g” word op drie verskillende manier uitgespreek.
• Partykeer kom ‘n letter voor wat ons glad nie uitspreek nie, bv. “Knysna”
wat as “nysna” uitgespreek word.
• Soms is daar ‘n klank in ‘n woord waarvoor daar geen letter is nie, bv.
“warm” wat as “warim” uitgespreek word.
• Verskillende letters “y” en “ei” stel soms dieselfde klank voor bv,
“vly” [әi] en “vlei” [әi].
1 Esterhuysen, 2001, Raamwerk, 11 & 12, Kaapstad, Maskew Miller Longman
2 De Klerk, P.F e.a., 1986, Afrikaans my Taal standerd 9/10, Kaapstad, Maskew Miller Longman