Terminologie oor eienaarskap
Kapitaal: Geld gebruik om onderneming mee te begin en gebruik word om kapitaalgoedere soos toerusting
te koop.
Beperkte aanspreeklikheid: Bpk. na naam. Eienaars v. sulke besighede het nie persoonlike
aanspreeklikheid vir skuld nie, so selfs al speel die besigheid bankrot kan hul nie hul persoonlike besittings
verloor nie.
Onpeberkte aanspreeklikheid: Eienaars v. sulke besighede is persoonlik aanspreeklik vir skuld, so as die
besigheid bankrot speel kan hul gedwing word om met hul eie geld skuld te betaal.
Regspersoonlikheid: Onderneming het wetlike reg om kontrakte te sluit, eiendom te besit, te dagvaar of
gedagvaar te word.
Regsaanspreeklikheid: Onderneming leen geld en het skuld. Aanspreeklikheid wys wie verantwoordelik is
vir die betaling van skuld.
Kontinuiteit: Vermoe van onderneming om voort te bestaan as eienaars sterf, siek word of aftree.
Genoteerde maatskappy: Openbare maatskappy wat aandele op Johannesburgse Effektebeurs verkoop.
Aandeelhouer: Ontvang aandele in ruil vir hul belegging en is gesamentlike eienaars van maatskappy.
Alleenhandelaar
Eienskappe
• Deur 1 eienaar besit en bestuur
• Geen kontinuiteit
• Eienaar voorsien kapitaal
• Onbeperkte aanspreeklikheid
• Maklik en goedkoop om te stig
• Geen regspersoonlikheid
• Belasting op inkomste van sakeonderneming
Voordele
• Vinnige besluitneming
• Eienaar kry alle wins
• Persoonlike kontak met klante
• Eienaar wil sukses behaal – werk hard
• Eienaar kry omvattende ervaring in bestuur v onderneming
• Geen formele dokumente/ regsvereistes nie, behalwe die plaaslike owerhede bv. handelslisensie,
gesondheidsregulasies ens.
Nadele
• Dra alle verantwoordelikheid en besluitneming
• Konsentreer op sy sterk punte, verwaarloos ander aspekte
• Oorwerking
• Kapitaal beperk tot eienaar
• Eienaar sterf/ aftree stop onderneming
• Verantwoordelik vir alle skuld
• Kan nie groot salarisse en beste personeel aanstel.
• Belas as individu. Maksimum van 40% op inkomste van onderneming
, Vennootskappe
Eienskappe
• Deur minstens 2 vennote gestig
• Geen kontinuiteit
• Onbeperkte aanspreeklikheid
• Onderteken 'n vennootskapsooreenkoms, wat deur 'n regskenner opgestel word en stipuleer hoe
verantwoordelikhede en wins verdeel sal word.
• Geen regspersoonlikheid
• Belasting op inkomste deur die onderneming verdien
Voordele
• Maklik, vinnig en goedkoop om te begin en te eindig
• Beskikbaar tot meer kapitaal en vaardighede
• Ligter werklas a.g.v. gedeelde verantwoordelikhede
• Geen formele registrasieprosedure, behalwe vennootskapsooreenkoms.
• Sterk persoonlike belang – albei werk hard en is gemotiveerd
• Vennote deel risiko
• Onderneming self word nie belas, maar individuele op hul inkomste.
Nadele
• Verskil oor bestuur – konflik
• Lang besluitneming
• Onbeperkte aanspreeklikheid
• Een vennoot is oneerlik, dan verloor almal geld want vennote word nie as individuele, maar as een
beskou.
• Kan tot 'n maksimum van 40% belasting op hul inkomste.