Waarom stig iemand 'n besigheid?
Om wins te maak
Nie-winsgewende onderneming:
Lewer diens aan lede, maar maak nie wins bv. sportklub
Verkope minus koste van verkope =
Bruto wins
Plus ander inkomstes minus ander
uitgawes = Netto wins
3 Soorte ondernemings
• Varvaardigings onderneming
Maak produkte volgens mense se behoeftes
• Diensonderneming
Koop en verkoop nie goedere nie, maar bevredig mense se behoeftes deur goedere aan te wend om
'n bepaalde funksie te verrig.
• Handelsonderneming
Koop goedere aan om dit weer te verkoop aan ander ondernemings of mense teen 'n hoer prys.
Insette Omsetting Uitset
Bronne benodig vir goedere of vervaardigings-aktiwiteite wat Finaal geproduseerde produk.
dienste geproduseer. insette in uitset omskep.
Redes hoekom ons boekhou:
• Oefen kontrole en beheer uit op wat in onderneming aangaan
• Bereken wins
• Beplan vooruit
• Voldoen aan belastingsvereistes gestel deur SAID (Suid-Afrikaanse Inkomstediens)
Rekeningkunde hou verband met:
• Optekening/boekstawing van transaksies
• Verskaffing van inligting aan belanghebbendes
• Finansiele bestuur van onderneming
Mense/ instansies betrokke by besighede
• Eienaar
◦ Besit onderneming
◦ Dra kapitaal by
◦ kan geld onttrek vir eie gebruik
◦ Kry wins
• Bank
◦ Waar die besigheid lopende bankrekening het
◦ Geld word daarvanaf gedeponeer en betalings word gemaak
• Rekenmeester
, ◦ Persoon wat alle transaksies neerskryf
• Krediteure
◦ Mense vir wie die onderneming geld skuld
• Debiteure
◦ Mense skuld die onderneming geld
• Werkers
◦ Verdien lone/salarisse vir werk
Belangrike Definisies
Kapitaalbydrae
Belegging van eienaar in besigheid
Onttrekkings
Geld wat eienaar uit besigheid onttrek vir eie gebruik
Ontvangste/ Inkomste
Geld wat ontvang word n in die lopende bankrekening gedeponeer word.
Betalings/ Uitgawes
Geld wat direk of per tjek uit onderneming se lopende bankrekening betaal word/kontantbetalings uit
kleinkas.
Wins
Gunstige oorskot wanneer uitgawes by inkomstes afgetrek word
Verlies
Wanneer uitgawes meer is as inkomstes
Transaksie
Handeling waarvan geldwaarde op 'n bepaalde tydstip in die onderneming se boeke aangeteken word.
Ekwiteit, Bates en Laste
Ekwiteit
Verskil tussen totale bates en totale laste van onderneming
E=B–L
B=E+L
L=B–E
Eienaarsbelang = Bates – Laste
Word verteenwoordig deur:
• Bedrag geld/bates deur eienaar in besigheid bele deur kapitaalbydrae
• Bedrag geld/bates deur eienaar onttrek is vir eie gebruik
• Wins/verlies wat onderneming toon
Belangrik!
• Inkomste vermeerde ekwiteit
• Uitgawes verminder ekwiteit
Bates
Kenmerke