Gr. 12
Naam: _______________________
,ORGANIESE CHEMIE
OPSOMMING van die Organiese Chemie soos reeds gedoen:
FORMULES
● Ons gebruik verskillende soorte formules om organiese molekule voor te stel.
Naam: H H
etaan Struktuurformule ⏐ ⏐
H–C–C–H
⏐ ⏐
H H
Gekondenseerde CH3–CH3 of CH3CH3
struktuurformule
Molekulêre formule C2H6
Algemene formule CnH2n+2
TERME
● Organiese molekule: molekule wat koolstofatome bevat.
● Koolwaterstof: organiese verbinding wat slegs uit koolstof en waterstof bestaan.
● Struktuurformule: chemiese formule wat aantoon watter atome verbind is in ‘n verbinding. Atome
word voorgestel deur hul chemiese simbole en lyne word gebruik om ALLE bindings aan te toon.
● Gekondenseerde formule: chemiese formule wat wys hoe die atome in ‘n molekuul gebind is,
maar wys nie al die bindings nie.
● Molekulêre formule: chemiese formule wat die tipe atome in ‘n molekuul aantoon, asook die aantal
van elk.
● Homoloë reeks: ‘n groep organiese molekules wat voorgestel kan word met dieselfde algemene
formule (of: een lid verskil van die volgende lid met ‘n CH2-groep).
● Versadigde molekuul: molekuul wat geen veelvoudige bindings tussen koolstofatome in die
koolwaterstofketting bevat nie.
● Onversadigde molekuul: molekuul wat een of meer veelvoudige kovalente bindings tussen
koolstofatome in die koolwaterstofketting bevat.
● Funksionele groep: ‘n Binding, of ‘n atoom, of ‘n groep van atome wat die fisiese en chemiese
eienskappe van ‘n groep organiese verbindings bepaal.
● Stuktuurisomere: organiese molekule met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende
struktuurformules.
° Ketting isomere: molekule met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende tipe kettings.
(Verskillende lengtes van hoofketting, bv. butaan en 2–metielpropaan.)
° Posisionele isomere: molekule met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende posisies
van die syketting of funksionele groepe op die hoofketting. (Dieselfde lengte ketting, bv.
butan-1-ol en butan-2-ol.)
° Funksionele isomere: molekule met dieselfde molekulêre formule, maar verskillende
funksionele groepe. (Van verskillende homoloë reekse, bv. metieletanoaat en etanoësuur.)
1
,BENAMING VAN MOLEKULE
● VIR DIE HOOFKETTING: Voorvoegsels en agtervoegsels:
Voorvoegsels Agtervoegsels
1C met(an)... alkane ...aan
2C et(an)... alkene ...een
3C prop(an)... alkyne ...yn
4C but(an)... alkohole ...ol
5C pent(an)... karboksielsure ...oësuur
6C heks(an)... esters ...oaat
7C hept(an)... aldehiede ...aal
8C okt(an)... ketone ...oon
haloalkane het nie ‘n eie
(alkielhaliede) agtervoegsel nie, word
behandel as ‘n syketting
op ‘n hoofketting
● Alkane, alkene en alkyne: sonder “an” (bv. butaan, buteen, butyn).
● Vir die die res: voeg “an” tussen die voorvoegsel en agtervoegsel. (bv. butanol, butanoësuur,
…butanoaat, butanaal, butanoon).
● Benoeming van molekule met die IUPAC-reëls:
° Vind die funksionele groep in die molekuul.
° Vind die langste C-atome ketting in die molekuul wat die funksionele groep bevat. Dit is die
hoofketting (stam).
° Nommer die C-atome in hierdie ketting:
* 1ste prioriteit: kleinste nommer op funksionele groep;
* 2de prioriteit: kleinste nommer op eerste syketting (slegs metiel, etiel …);
* 3de prioriteit: kleinste kombinasie van nommers op akiel en haloakiel groepe en dan word dit
alfabeties geskryf.
° Skryf nou die hoofketting: voorvoegsel + agtervoegsel. Nommer vir hoofketting is IN die naam.
° Skryf die sykettings (substituent) VOOR die hoofketting:
* alfabeties;
* die nommer van syketting VOOR sy naam;
* vir meer as een van dieselfde sy-ketting gebruik voorvoegsels: “di” vir 2, “tri” vir 3.
* Sy-kettings: –CH3 🡪 metiel
–CH2 –CH3 🡪 etiel
–Cl 🡪 chloor (of chloro)
–Br 🡪 broom (of bromo)
2
, ● Die hele naam is een woord. Slegs koppeltekens en kommas word gebruik, geen spasies.
● Vir sykettings word die nommer van die C-atoom voor die naam geskryf, bv. 2-metiel…… .
● In die hoofketting word die nommer van die C-atoom in die naam geskryf, bv. butan-2-oon. Dit kom
slegs voor by alkene, alkyne, alkohole en ketone.
● Vir aldehiede en karboksielsure is die funksionele groep altyd op die 1ste C–atoom; die nommer 1
word nie in die naam aangedui nie.
● Leestekens word baie spesifiek gebruik:
° Koppeltekens: 1. Tussen ‘n syketting en sy nommer;
2. Tussen verskillende sykettings en
3. In die hoofketting.
° Kommas: Tussen twee C–atoomnommers.
° Let op dat daar voor die hoofketting geen leesteken of spasie is nie.
Organiese verbindings
Verbindings wat hoofsaaklik uit koolstof- en waterstofatome
bestaan(Koolwaterstowwe), maar kan ook suurstof, stikstof, halogene, swael en
fosfor bevat.
ALKANE ( Algemene formule: )
(Bevat slegs enkelbindings en is versadigde koolwaterstowwe)
NAAM FORMULE STRUKTUURFORMULE
Metaan
Etaan
Propaan
Butaan
Pentaan
3