OPSOMMINGS
GRAAD 9
Hierdie werk is die intelektuele eiendom van opsommings.com
Dit mag nie versprei word nie.
KOPIEREG VOORBEHOU @2020
Opsommings.com – Kopiereg voorbehou ©2020
, SW Opsommings
GEOGRAFIE
Graad 9
Topografiese en Ortofotokaarte
1. Topografiese kaarte
1.1 Kenmerke van topografiese kaarte
’n Vertikale lugfoto word geneem en deur ’n reknaar op die kaart geteken.
Toon bou (topografie) van ’n land aan
Toon verskynsels met behulp van kleure en simbole.
Verklaring onder die kaart dui verskynsels aan. bv. kaartsimbole
Kontoere word gebruik om hoogte aan te dui
Die skaal is 1: 50 000
1.2 Skaal
Bv. 1:50 000
Een eenheid op die kaart is gelyk aan 50 000 eenhede in werklikheid.
- die werklikheid word verklein
1.3. Kenmerke van kontoere
Kontoerlyne word gebruik, en kan ook hoogtelyne genoem word.
Word in bruin geteken en altyd 20m uitmekaar.
Indekskontoerlyn is donkerder.
Stop en kruis nooit.
Kan aanmekaar raak by waterval of krans.
Kan landvorme voorstel. Bv. Valleie, uitlopers, butte, mesa’s en watervalle.
Kan ook hellings voorstel, bv. steil (kontoere naby mekaar ) of geleidelike
helling (verder uit mekaar) of terrasvormige hellings (soos trapvorm)
Opsommings.com – Kopiereg voorbehou ©2020
, UITLOPER: ‘n hoogliggende gebied aan weerskante van ‘n vallei
*KYK PRENTE
Ander landvorme:
Saal: n hoe platterige rug tudden twee kruine van n berg
Rif: ‘n lang, nou hoogland met steil kante. Dit is langer as wat dit breed is.
1.4. Uitkenning van hoogte
1. Kontoerlyne
2. Punthoogte
3. Driehoeksbaken / Trigonometriese baken
4. Pylhoogte / Hoogtemerk
Kontoerinterval: die verskil in hoogte tussen 2 kontoerlyne langs mekaar (bv.
20m)
2. Ortofotokaart
1.1. Kenmerke van ’n Ortofotokaart
’n Lugfoto in swart en wit waarop kontoere aangedui is. (Landskap makliker
uitken)
Skaal is 1: 10 000.
Kontoere loop 5m uitmekaar.
3. Rigting
Alle topografiese kaarte het ’n rigitngwyser. (Word
met ’n pyl en letter N aangedui.
’n Kompas word gebruik om die 16 kompaspunte
voor te stel.
Opsommings.com – Kopiereg voorbehou ©2020