Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4,6 TrustPilot
logo-home
Document preview thumbnail
Preview 3 out of 24 pages
Summary

Summary Graad 12 Geskiedenis

Document preview thumbnail
Preview 3 out of 24 pages

Opstel notas vir Vraestel 2 Graad 12

Content preview

Monya Le Hanie

,VRAESTEL 2:

AFDELING B: OPSTELVRAE

1. Burgerlike Weerstand: 1970’s tot 1980’s: Suid-Afrika
Vraagfokus: Die uitdaging van Swartbewussyn vir die apartheidstaat
1.1. Die aard en doelwitte van Swartbewussyn
 Wat is Swartbewussyn?
- Swartbewussyn is ’n lewenshouding wat tot ’n filosofie en lewenswyse kan verbreed.
- In Suid-Afrika het dit die apartheidsterm “nieblank” vervang met die woord “swart”, wat
positief eerder as negatief was en wat Indiërs en “Kleurlinge”, asook swart Afrikane ingesluit
het.
- “Bewussyn” het verwys na die besef dat swart mense inherente waarde [ingeboude
natuurlike waarde] en waardigheid het, as individue sowel as in ’n groep.
- Dit het die vertroue versterk dat ’n mens die reg het om jou eie toekoms te skep – iets wat
elkeen se mensereg is.
- Swartbewussyn het gesê dat swart mense:
o op hulself moes staatmaak om hul situasie te verbeter.
o nie op wit mense moes reken om dinge te verander nie.
o moes wegdoen met ’n onderdanige houding teenoor blankes en ’n gevoel van
minderwaardigheid teenoor hulle.
o daarteen moes stry om hulself as “tweedeklas burgers” te beskou.
o nodig gehad het om trots op hulself te raak – op hul geskiedenis, hul kultuur en wat
hulle bereik het.
o nie aktief met wit mense moes probeer integreer nie. Hulle moes Afrika-norme
nastreef eerder as die norme van die wit samelewing.
o moes besef dat swart trots, swart mag en swart selfhulp essensieel was om hierdie
bewussyn te ontwikkel.

1.2. Die rol van Bantu Stephen Biko
 Stephen Bantu Biko is in 1946 in King William’s Town in die Oos-Kaap gebore.
 Hy het grootgeword met sterk Christelike waardes en hoewel hy die gevestigde Christelike kerke
skerp gekritiseer het, was hy sy lewe lank gelowig.
 Hy het in 1966 ná matriek aan die Universiteit van Natal geneeskunde gaan studeer.
 Hy was eers betrokke by die nierassige Nusas, maar hy en ander het begin dink dat wit liberale
wat hulself nie van hul bevoorregte posisie kon losmaak nie, Nusas oorheers het.
 Biko was die eerste leier van Saso toe dit in 1968 weggebreek het.
 Biko was ongetwyfeld die belangrikste swartbewussynsdenker en -skrywer tot met sy dood.
 Hy was ook die redakteur van die invloedryke swart publikasie Black Review totdat dit in 1973
verbied is.
 Hy het daarna steeds onder ’n skuilnaam daarvoor geskryf.
 Dit was Biko se woorde wat baie van swartbewussyn se hoofgedagtes help vorm het.
 Hy het swartbewussyn omskryf as “ ’n gedagterigting en ’n lewenswyse”.

,  Hy het gesê “die sterkste wapen in die hande van die onderdrukker is die gedagtes van die
onderduktes …” en hy het swartbewussyn se rol bevorder om vir gewone mense hul eie stem te
gee.
 Hy het die samehorigheidsgees onder swartbewussynsaktiviste verpersoonlik.
 Nadat hy ingeperk is, het Biko die Zimele-trustfonds vir politieke gevangenes gestig.
 Biko het die gedagtes en waardes van swartbewussyn uitgeleef terwyl hy steeds goeie vriende
met wit mense was.
 Hy het dit as ’n Christen se taak beskou om vir die uitroeiing van boosheid te stry.
 Hy het gevestigde kerke as deel van die bose stelsel van apartheid beskou.
 Hy het baie kerke in Suid- Afrika gedwing om hul werkwyse te hersien en die morele grond vir
apartheid uit te daag.
 Hy het ook weerstand verpersoonlik en was vreesloos.
 Hy het geweier dat die owerhede hom intimideer, ongeag wat hulle aan hom gedoen het.
 Die staat het geweet Biko was die leierfi guur in die Swartbewussynsbeweging (SBB of BCM).
 Hy was een van die eerste swartbewussynsleiers wat in 1973 deur die staat ingeperk is.
 Hy het sy inperkingsbevel gereeld verontagsaam en die howe gebruik as ’n manier om sy
boodskap oor te dra.
 Hy is dikwels sonder verhoor aangehou, by twee geleenthede langer as 100 dae in
alleenaanhouding, maar met sy vrylating het hy elke keer dadelik na sy politieke werk
teruggekeer.
 Die leiers van die Soweto-opstand in 1976 het geëis dat die regering met drie swart leiers praat:
Nelson Mandela, Robert Sobukwe en Biko.

1.3. Swartbewussynsbeweging (SBB)
 Swartbewussynsbeweging (SBB) (SBB) was gegrond op ’n positiewe, opbouende filosofie wat
daarop gemik was om aan swart mans en vroue die middele te gee om ontslae te raak van die
boeie van kolonialisme, en om hulself te sien as leiers en doeners in eie reg en in hul eie land.
 Dit het verskil van die ANC en die PAC in dié sin dat dit swart mense aangespoor het om met
trots en selfvertroue op te tree, eerder as om bloot hul energie negatief te gebruik om wit
strukture teen te staan.
 Die Amerikaanse Menseregtebeweging en die idees van Black Power in die Verenigde State van
Amerika, soos onderskeidelik voorgestaan deur Martin Luther King Jnr. en Malcolm X, het gewys
dat verandering wat swart mense ophef, moontlik was.
 Dit het vir Steve Biko en ander swart Suid-Afrikaners duidelik geword dat hulle self hierdie
verandering teweeg sou moes bring en nie moes wag vir ander om dit vir hulle te doen nie.
 Swart aktivisme – nie passiewe aanvaarding nie – was nodig vir sukses.
 Liberale wit mense was simpatiek maar ondoeltreffend, en die Nasionale Party-regering het
geen tekens getoon dat hy die beleid van streng rasseskeiding sou verander nie.
 Die inisiatief het gekom van jong mense by universiteite.
 Ná die verswakking van die belangrikste bevrydingsgroepe (die ANC en die PAC) as gevolg van
regeringsoptrede, was die tyd ryp vir die ontstaan van ’n nuwe beweging onder ’n nuwe
generasie.

Document information

Schooljaar
200
Uploaded on
September 4, 2024
Number of pages
24
Written in
2023/2024
Type
Summary
R120,00

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
monyalehanie
4,8
(6)
Sold
13
Followers
6
Items
12
Last sold
2 months ago


Reviews from verified buyers



Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions