Kwartaal 2 - 2024
Vraestel 2
Totaal:50 punte Tyd:1 uur
Leerder se naam: _________________________________ Gr. 10: __________.
Instruksies en inligting:
Hierdie vraestel bestaan uit twee vrae, beantwoord albei vrae.
Die gebruik van 'n sakrekenaar word nie toegelaat nie.
Geen Wenk nie – Ex mag gebruik word.
Toon al die stappe wat nodig was om by die antwoord uit te kom.
Sterkte!!
VRAAG ONDERWERP TOTAAL
1 Finansies 20
Afstand / Tempratuur en volume
2 15
Kaartwerk
3 15
TOTAAL 50
1|Page www.summariessa.co.za W i s k u n d e G e l e tt e r d h e i d
Graad 10 Junie Vraestel 2
, VRAAG 1
Sara is 'n aspirant-sjef wat daarvan droom om haar eie bakkery te open. Sy het onlangs van
die kookskool gegradueer en het geld gespaar om haar besigheid te begin. Sara het die
perfekte plek vir haar bakkery gevind, maar moet die kostes daaraan verbonde om dit op te
rig, bereken.
1.1 Die huur vir die bakery is R 8 500 per maand. As Sara beplan om die spasie vir een jaar
en 6 maande te huur, hoeveel sal sy altesaam aan huur spandeer? (2)
1.2 Sara moet baktoerusting aanskaf, insluitend 'n oond, menger en yskas, wat 'n totaal van
R 9 800 kos. As sy beplan om 30% van die totale koste vooraf as 'n deposito te betaal
en die oorblywende bedrag met 'n lening te finansier.
1.2.1) Hoeveel geld moet sy aanvanklik met die 30% betaal? (1)
1.2.2) Bereken die totale koste van die baktoerusting indien die oorblywende
bedrag na die deposito oor twee jaar terugbetaal word teen 8%
enkelvoudige rente per jaar. (3)
1.3 Sara beplan om twee assistentbakkers aan te stel om te help met bak. As elke
assistent R 75 per uur verdien en 40 uur per week werk, hoeveel sal Sara aan
arbeidskoste per maand spandeer? (3)
1.4 Om klante te lok, beplan Sara om 'n verskeidenheid gebak aan te bied, insluitend koeke,
pasteie en brood. As sy skat dat die koste van bestanddele vir elke item soos volg is:
R95 vir 'n koek, R18 vir pasteie en R22 vir brood, en sy wil 'n winsgrens van 30%
op elke item handhaaf, waarvoor moet Sara elke item prys om wins te verseker? (6)
Teken die volgende tabel oor om vraag 1.4 te beantwoord
Item Oorspronklike prys Nuwe prys
Koek R95
Pasteie R 18
Brood R 22
2|Page www.summariessa.co.za W i s k u n d e G e l e tt e r d h e i d
Graad 10 Junie Vraestel 2