Die vlerke van naaldekokers:
Antwoorde
1. Wie is die hoofkarakter in die boek?
Kylie
2. Wie is haar suster?
Lieke
3. Wat het met haar suster gebeur?
Lieke is in ‘n motorongeluk oorlede.
4. Verduidelik hoe die ongeluk gebeur het.
Hulle was op pad skool toe en Kylie en Ingrid het voor gesit met Lieke
agter in die motor. Kylie se ma het op haar selfoon getik en nie die
vragmotor gesien nie. Sy het te laat gestop en die vragmotor het hulle
motor getref.
5. Hoe oud is Kylie en hoe oud is Lieke?
Lieke is sestien en Kylie sewentien.
6. Watter tyd van die jaar is dit as die verhaal begin?
Desember
7. Hoekom dek Kylie se ma nog elke aand die tafel vir vier mense?
Ingrid sukkel om te aanvaar dat Lieke dood is en dat hulle nou net drie
mense in die huis is.
8. Hoekom kom kuier Oupa Du Preez vir Kylie se familie?
Hy sê hy kom kyk hoe dit met die familie in Bloemfontein gaan, maar
eintlik wil hy hê Kylie moet saam op die reis na Kaapstad kom.
9. Wie is Mae en waar is sy?
Mae is Oupa Du Preez se lewensmaat en sy en Oupa is uitmekaar.
10. Wie is Lee en wat doen hy daar?
Lee is ‘n student by NWU. Hy studeer Kreatiewe skryfkuns. Hy is Oupa
se assistent.