100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached 4.2 TrustPilot
logo-home
Summary

Summary Hoopvol - Chronological order of important events

Rating
4,1
(9)
Sold
9
Pages
13
Uploaded on
19-04-2018
Written in
2017/2018

A comprehensive summary, in chronological order, of the events of the novel "Hoopvol", by Derick van der Walt. This summary undoes the dual timeline of Part One of the novel, making it easier for the student to follow the storyline and to get a better perspective on the major events in the novel.

Show more Read less









Whoops! We can’t load your doc right now. Try again or contact support.

Document information

Summarized whole book?
Yes
Uploaded on
April 19, 2018
Number of pages
13
Written in
2017/2018
Type
Summary

Content preview

1


Hoofgebeure in Hoopvol in kronologiese volgorde


Nathalie de Koker se ouers, wat die loodgieterbesigheid op Hoopvol bedryf het, sterf
in ‘n motorongeluk op die Oudtshoorn-pad wanneer sy 13 jaar oud is.
Pastoor Chalmers en sy aaklige vrou sorg sedertdien (5 jaar – sy is tans 18) vir
Nathalie terwyl hulle woon in haar erfporsie – die huis in Olive Schreiner-straat – wat
sy op 21 jaar sal erf. Sy moet verskeie huishoudelike takies verrig, soos om die
wasgoed te doen en word gereeld herinner deur Mevrou Chalmers hoe dankbaar sy
teenoor hulle moet wees.
Nathalie se matriekklas het hulle matriekafskeid se nápartytjie op die van Eedens se
plaas, Soetwater, gehou.
In Januarie gaan sy saam met ‘n spul skoolvriende om vir Jorrie by die Total-garage
in Hoopvol te gaan groet. Hy was oppad na die Universiteit van Stellenbosch om
deur middel van ‘n beurs te gaan studeer.
Sedert hierdie afskeid voel Nathalie paniekerig oor die gedagte dat sy in Hoopvol
gaan oud word en dit nooit gaan verlaat nie. Sy wil bitter graag iewers anders gaan.
Die jongspul wat agtergebly het op Hoopvol het byna elke aand gedrink of Beaufort-
Wes toe gery of onder mekaar seks gehad om hulle vervelige lewens op te kikker –
werksgeleenthede en ontspanningsgeriewe was ook maar baie skaars.
Nathalie werk sedert die einde van haar matriekjaar by die Rose and Crown Hotel as
ontvangsdame. Nathalie moet ook seker maak dat die kamers gereed is vir gaste
wat kom oorbly. Tannie Lettie het haar en Liefie aangestel met die idee om hulle
touwys te maak sodat hulle eendag die hotel se bestuur kan oorneem.
Op ‘n dag moet Nathalie tot ná sesuur die aand werk, en eers nadat sy vir Tannie
Lettie en Laetitia September nog ‘n drankie gekry het, mog sy huis toe gaan.
Gielie, ‘n seun wat saam met haar gematrikuleer het, keer haar voor oppad huis toe
en vra dat sy later daardie aand saam met die jongspul pool moet gaan speel in die
Rose and Crown, maar sy wil nie gaan nie. Gielie is blykbaar al lank dol oor
Nathalie.
Nathalie kom by die huis aan en nadat sy haar kos in die mikrogolfoond warm
gemaak en geëet het, doen sy die wasgoed.
Op ‘n dag sukkel Nathalie met ‘n rep wat aanbied om haar Kaap toe te neem vir ‘n
paar dae, en wat duidelik haar wil verlei. Tannie Lettie het min simpatie vir Nathalie
en sê dat sy nie moet toelaat dat orige mans haar moet ontstel nie, want sy moet
eerder fokus op die groter prentjie van haar toekoms.
Tydens haar koffie-breek aanskou Nathalie eers ‘n kamma-argument tussen Liefie
en Mietie, die kok, wat stry oor hoeveel sout in die kos is, waarna hulle op die
agterstoep se trap gaan sit en praat oor hulle lewens op Hoopvol. Liefie blyk nog
negatiewer te wees oor hulle lewens hier op Hoopvol as wat Nathalie is.

Copyright © 2018 by Martin Huysamer. All rights reserved. No part of this publication may be reproduced or
transmitted in any form or by any means without prior written permission from the author

, 2


Op ‘n dag kondig Tannie Lettie aan dat Nathalie en Liefie by Laetitia September
moet gaan werk aangesien laasgenoemde se PA, Sherelene, Baai (Port Elizabeth)
toe moet gaan as gevolg van ‘n sterfte in haar familie.
Dieselfde dag kom eet konstabel Sakkie Strydom (007/kostabel Pickup) middagete
by die hotel - hy is al baie lank dolverlief op Nathalie, maar hy irriteer haar net met
sy hoflikheid omdat sy glad nie in hom belangstel nie. Sy grootste
verantwoordelikhede is om veediewe te jaag en om soms dronk mense selle toe te
neem in die vangwa.
Nathalie wys Sakkie se uitnodiging om daardie aand saam met hom Beaufort-Wes
toe te gaan van die hand, maar wanneer Nathalie en Liefie hulle middagete eet, sê
Liefie dat sy vir Sakkie gesê het dat sy, Olivia en Nathalie om sewe-uur daardie aand
saam met Sakkie ‘n drankie sal geniet in die hotel se kroeg. Nathalie weet dat Olivia
se ouers haar egter nie sal toelaat om te gaan nie, en sy is nie juis opgewonde
hieroor nie.
Nadat Nathalie daardie aand die skottelgoed by die huis gewas het, besluit sy tog
om na die hotel se kroeg te gaan. Liefie drink veels te veel, en Sakkie bied aan om
hulle albei huis toe te neem in sy polisie vangwa. Liefie dring daarop aan om agterin
te sit, en Nathalie sit voor langs Sakkie.
Sakkie laai eers vir Liefie by haar huis af, en terwyl hy na Nathalie se huis ry, bied hy
aan om haar bestuurslesse te gee in sy Renault, maar Nathalie aanvaar nie sy
aanbod nie. Sy is baie ongeskik teenoor Sakkie en voel skuldig daaroor nadat hy
haar by haar huis afgelaai het.
Nathalie gaan na die lelike munisipale gebou om Sherelene se pos te dek. Fiona
werk agter die navraetoonbank en beduie waar Nathalie se lessenaar is in die
portaal voor die burgemeester se kantoor.
Nathalie bekyk eers Laetitia September se kantoor en merk dat die skreeulelike mat
dieselfde is as wat in die konsistorie was. Die hele kantoor straal vir Nathalie ‘n
treurige gevoel uit.
Sy kry dit reg om Sherelene se wagwoord met die hupl van Fiona reg te raai. Kort
daarna bel Liefie, wat in Nathalie se afwesigheid nou as ontvangsdame by die hotel
werk, om te sê dat die burgemeester haar ontbyt genuttig het en oppad is na haar
kantoor toe.
Nathalie hoor hoe Juffrou September agter haar geslote kantoordeur huil, en nadat
sy vir Fiona gevra het wat om te doen, neem sy vir die burgemeester ‘n koppie
koffie. Hulle albei sit op die rusbank in die burgemeester se kantoor en Juffrou
September laat weet indirek vir Nathalie dat ‘n man op wie sy duidelik nog verlief is,
haar hart êrens in die verlede gebreek het.
Nathalie bring die hele week deur as Juffrou September se persoonlike assistent, en
Nathalie besef dat sy die werk én die vreemde burgemeester geniet, terwyl Liefie
haar nuwe werk as ontvangsdame by die hotel óók gate uit geniet.


Copyright © 2018 by Martin Huysamer. All rights reserved. No part of this publication may be reproduced or
transmitted in any form or by any means without prior written permission from the author

Reviews from verified buyers

Showing 7 of 9 reviews
6 year ago

6 year ago

6 year ago

6 year ago

7 year ago

7 year ago

7 year ago

Dear Lindsey - Thank you for your five-star rating. Good luck with Paper II - not much longer before it's all over! :)

7 year ago

4,1

9 reviews

5
6
4
0
3
2
2
0
1
1
Trustworthy reviews on Stuvia

All reviews are made by real Stuvia users after verified purchases.

Get to know the seller

Seller avatar
Reputation scores are based on the amount of documents a seller has sold for a fee and the reviews they have received for those documents. There are three levels: Bronze, Silver and Gold. The better the reputation, the more your can rely on the quality of the sellers work.
huysamer St John's College, Johannesburg
View profile
Follow You need to be logged in order to follow users or courses
Sold
106
Member since
7 year
Number of followers
97
Documents
9
Last sold
6 months ago

4,2

30 reviews

5
17
4
8
3
2
2
1
1
2

Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Frequently asked questions