Christendom
Gebed:
● “Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”
● “Maar Ek sê vir julle wat hoor: Wees lief vir julle vyande! Doen goed aan dié wat jou
haat, seën diegene wat jou vervloek, bid vir diegene wat jou mishandel.”
● “O Goddelike Meester, gee dat ek nie baie mag soek nie om ander te behandel soos
ek behandel wil word, om ander te verstaan soos ek verstaan wil word om lief te hê
soos ek liefde wil ontvang.”
Oortuigings:
● Christenskap is ‘n monoteïstiese godsdiens
● Christene glo in een God wat Sy Seun, Jesus Christus, gestuur het om die mensdom
te red
● Christene verwys dikwels na Jesus Christus as die Messias
● Die Christene beskou ook doe Tien Gebooie as die basis van reg en verkeerd
● In die Christendom is die fokus daarop om jou naaste lief te hê soos jy jouself liefhet
en God met jou hele hart en siel lief te hê
Gedrag:
● Christene groet mekaar dikwels met die frase “Vrede vir jou”
● Hulle doen ‘n poging om uit te reik na mense in die gemeenskap deur etes te kook vir
diegene in nood
● Die Bybel voorsien ‘n riglyn met duidelike sedewette om te volg om vrede en eenheid
te bevorder
Hindoeïsme
Gebed:
“O Here God almagtig, mag daar vrede in die hemelryk wees.
Mag daar vrede op aarde wees. Mag die waters aangenaam wees.
Mag kruie heilsaam wees en mag bome en plante vrede vir almal bring.
Mag alle welwillende wesens vir ons vrede bring.
Mag die Vediese Wet vrede regoor die wêreld propageer.”
Oortuigings:
● Sluit beide monoteïste en ploteïste (diegene wat in meer as een god glo) in
● Hindoeïsme verleen absolute en algehele vryheid van geloof en aanbidding
● Die Hindoe-God kan Brahma, Vishnu of Shakti wees, afhangende van die sekste