GRAAD 12
HOOFSTUK 11:
BEOORDELING VAN
SPANPRESTASIE EN
KONFLIKBESTUUR
, HOOFSTUK 11: BEOORDELING VAN SPANPRESTASIE EN
KONFLIKBESTUUR
1. Kriteria vir suksesvolle spanprestasie
Interpersoonlike houdings en gedrag
• Het ‘n positiewe houding van ondersteuning en motivering teenoor mekaar.
• Spanleier moet krediet aan lede gee vir positiewe bydraes.
Gedeelde waardes
• Toon respek teenoor spanlede ten spyte van verskille.
• Toon respek vir die kennis van ander lede.
Kommunikasie
• ‘n Duidelike stel prosedures vir spanwerk verseker dat elke spanlid sy rol
verstaan.
• Kommunikeer met spanlede en gee geleentheid vir terugvoering.
Samewerking
• Werk saam met bestuur om span doelwitte te bereik.
• Alle lede neem deel aan besluitneming.
2. Kenmerke van suksesvolle spanprestasie
• Toewyding van lede tot die gesamentlike doel.
• ‘n Duidelike stel prosesse vir spanwerk sal verseker dat elke spanlid sy rol
verstaan.
• Alle lede neem deel in besluitneming.
• Spanlede respekteer en vertrou mekaar.
• Spanleier behoort krediet te gee aan lede vir positiewe bydraes gelewer.
3. Stadiums van spanontwikkeling
Vorming
• Individue samel inligting en indrukke oor mekaar in en oor die omvang van
die taak en hoe om dit te benader.
• Dit is ‘n gemaklike stadium om in te wees omdat werk nog nie begin het nie.
• Individue word gemotiveer deur ‘n begeerte om deur ander spanlede
aanvaar te word.
Bestorming
• Spanne gaan deur ‘n periode van ongemaklikheid na vorming.
• Argumente kom voor en daar kan ‘n magstryd vir die spanleier se posisie
ontwikkel.
• Hierdie stadium is nodig vir die groei van die span.