GRAAD 12
HOOFSTUK 7: GEHALTE
VAN PRESTASIE
, HOOFSTUK 7: GEHALTE VAN PRESTASIE
1. Definisies van gehalte konsepte
Gehalte
• Gehalte verwys na die vermoë van 'n produk om aan 'n spesifieke behoefte
te voldoen.
• Die doeltreffendheid van dienste en die vermoë om 'n effektiewe resultaat te
lewer sonder te veel vertragings.
• Dit word gemeet aan spesifieke kriteria soos fisiese voorkoms,
betroubaarheid.
Gehaltebeheer
• Stelsel wat verseker dat die verlangde gehalte verkry word deur die finale
produk te inspekteer.
• Kontrolering van masjinerie of produkte om te verseker dat hoë standaarde
gehandhaaf word.
• Sluit die stel van teikens en die neem van regstellende stappe in.
Gehalteversekering
• Kontroles word uitgevoer gedurende en na afloop van die produksieproses.
• Verseker dat daar aan die vereiste standaarde in elke stadium van die
produksieproses voldoen word.
• Prosesse is in plek om te verseker dat die gehalte van stelsels voldoen aan
voorafbepaalde standaarde met minimum defekte.
• Verseker dat elke proses daarop gemik is om die produk die eerste keer reg
te kry en voorkom dat foute weer gemaak word.
Gehaltebestuur
• Dit is tegnieke wat gebruik word om die kwaliteit van die produk te verbeter.
• Kan gebruik word vir verantwoordbaarheid binne elke besigheidsfunksie.
• Is daarop gemik om te verseker dat die gehalte van goedere konsekwent is.
Gehalteprestasie
• Die totale prestasie van elke departement word gemeet teen spesifieke
standaarde.
• Dit kan bereik word indien alle departemente saamwerk vir dieselfde
kwaliteitstandaarde.
• Kwaliteit word bepaal deur die fisiese produk.
Gehaltebeheerstelsels
• ‘n Gehaltebestuurstelsel is 'n versameling sakeprosesse wat daarop gemik is
om aan kliënte se vereistes te voldoen en hul tevredenheid te verbeter.
• Dit is in lyn met 'n organisasie se doel en strategiese rigting.