Written by students who passed Immediately available after payment Read online or as PDF Wrong document? Swap it for free 4,6 TrustPilot
logo-home
Document preview thumbnail
Preview 2 out of 6 pages
Summary

Summary Vir Sara Baartman Graad 10 Afrikaans FAL

Document preview thumbnail
Preview 2 out of 6 pages

Dit is ontleding van die gedig Vir Sara Baartman. Die gedig is geskryf deur Diana Ferrus. Die dokument bevat notas, die gedig self en vrae oor die gedig.

Content preview

Vir Sarah Baartman - Diana Ferrus

1 Ek is hier om jou huis toe te neem, huis toe –
2 onthou jy die vlaktes,
3 die welige groen gras onder die groot eikeboom,
4 die lawende koeltes en die son wat nie steek?
5 Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
6 jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
7 Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
8 daar sing die rivier ’n verwelkomingslied!

9 Ek is hier om jou weg te skeur,
10 weg van die snydende oë van die rassistiese monster
11 wat wegkruip in die donker met sy kloue van haat,
12 wat jou liggaam versnipper, stukkie vir stukkie,
13 jou siel vergelyk met dié van satan
14 en syne vergelyk met dié van God!

15 Ek is hier om jou te troos,
16 jou moeë hart teen my bors vas te hou,
17 die palms van my hande oor jou wange te vou
18 die lyne in jou nek met my lippe te streel
19 en jou ewige skoonheid in my oë te onthou.
20 Ek is hier om vir jou te sing
21 want ek het vir jou vrede gebring.

22 Ek is hier om jou huis toe te neem,
23 daar waar die oeroue berge jou naam uitroep!
24 Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
25 jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
26 Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
27 daar sing die rivier ’n verwelkomingslied.

28 Ek is hier om jou huis toe te neem
29 waar ek vir jou sal sing
30 want jy het ook vrede
31 vir my gebring.


Gedig

 5 Strofes
 31 Versreëls
 Ek-verteller
 Gedig = Vrye vers (Geen vaste rympatroon)
 Daar is kenmerke van ‘n ballade maar tog voldoen die gedig nie heeltemal aan die
vereistes nie.
 In die gedig is daar herhaaling wat bydra tot die musikaliteit van die gedig
(begrafnislied)

,  Vir Sara Baartman kan hierdie gedig niks meer beteken nie, daarom is dit ‘n tipe
huldeblyk vir die agterblywendes – dus ‘n lied vir begrafnisgangers

Agtergrondsinligting

• Sara (Saartjie) Baartman was 'n Khoivrou wat in ongeveer 1790 in die Gamtoosvallei
gebore is en toe sy sowat twintig (20) jaar oud was, is sy verkoop is aan ’n Londense
sirkusbaas. In Londen is haar menseregte op gruwelike wyse geskend deur dat sy as
’n eienaardigheid ten toon gestel is, omdat sy so anders as Europese vroue gelyk
het.

• Wat in haar Afrikakultuur skoonheid was, was vir die Europeër ’n lagwekkende
skouspel. Sy is selfs aan anatomiese ondersoeke by die Natuurhistoriese Museum in
Londen onderwerp.

• Na bewering was haar laaste woorde “Saartjie gaan huis toe” toe sy in 1815 in Parys,
Frankryk, oorlede is. Haar liggaam is selfs gedissekteer en haar oorskot is ten toon
gestel. Vir meer as ’n eeu en ’n half kon mense steeds na haar brein en beendere
gaan kyk in ’n Paryse museum. Sy is later in Parys begrawe, maar Nelson Mandela
het gevra dat haar oorskot na Suid-Afrika teruggebring word. Frankryk se parlement
het in 2002 aan hierdie versoek gehoor gegee.

• Sy is op 9 Augustus 2002, Nasionale Vrouedag, te Vergaderingskop, ’n heuwel buite
Hankey in die Oos-Kaap, ter ruste gelê.

Notas

• APOSTROOF - Sara Baartman word op respekvolle en liefdevolle wyse deur die
spreker van die gedig aangespreek.

• Die spreker dui aan dat sy Sara Baartman (deur middel van die gedig) terugbring
"huis" toe – dit verwys nie net na Sara se herbegrafnis in Suid-Afrika nie, maar ook
na alles wat met 'n mens se huis (tuiste) in verband gebring word, soos waardigheid,
liefde, respek, geborgenheid en vrede.

• Die gedig kan in 'n sekere sin ook gesien word as 'n hertoeëiending van die identiteit,
selfrespek en menslikheid waarvan Sara in Europa beroof is (met ander woorde by
wyse van taal)

• Deur Sara se herbegrafnis word daar uiteindelik nie net vir Sara nie, maar ook vir die
spreker (en die mense met wie sy haar assosieer), vrede gebring – 'n mens sou dus
kon aanvoer dat dit 'n versoeningsvers is.

Connected book
 image
Jeanette Ferreira Vers en vlam
Publisher: 2015 ISBN: 9780798165860 Edition: Unknown

Document information

Schooljaar
200
Summarized whole book?
No
Which chapters are summarized?
Page 41 to43
Uploaded on
September 11, 2023
Number of pages
6
Written in
2023/2024
Type
Summary
R75,00

Wrong document? Swap it for free Within 14 days of purchase and before downloading, you can choose a different document. You can simply spend the amount again.
Written by students who passed
Immediately available after payment
Read online or as PDF

Sold
6
Followers
0
Items
7
Last sold
2 months ago



Why students choose Stuvia

Created by fellow students, verified by reviews

Quality you can trust: written by students who passed their exams and reviewed by others who've used these notes.

Didn't get what you expected? Choose another document

No worries! You can immediately select a different document that better matches what you need.

Pay how you prefer, start learning right away

No subscription, no commitments. Pay the way you're used to via credit card or EFT and download your PDF document instantly.

Student with book image

“Bought, downloaded, and aced it. It really can be that simple.”

Alisha Student

Working on your references?

Create accurate citations in APA, MLA and Harvard with our free citation generator.

Working on your references?

Frequently asked questions