Onderwêreld
, Karakters
Hoofkarakters:
GREG OWEN
➢ Protagonis
• Op die oppervlak ‘n tipiese skoolheld
- hoofseun van Lawson Kollege
- vleuel van die eerste rugbyspan
- nege onderskeidings word van hom af verwag
• Onder die oppervlak blyk daar egter ‘n Grer en word daar ‘n ander perspektief
gewerp op sy prestasies:
- Prefekbalkies is kwitansies van die ouers se finansiële steun aan die skool.
- Dok Pienaar maak dit duidelik dat daar ander vleuels is wat hom kan vervang
- Dit is duidelik dat die nege onderskeidings sy pa se idee is en nie Greg s’n
nie.
• Die selfmoord van sy broer (John Owen) het bygedra tot die persoon wie hy
nou is.
• Hy probeer so min moontlik oor sy broer se dood praat.
• Dit het by hom ‘n vrees vir die dood geskep.
- Hy is bang dat Nicole selfmoord sal pleeg
- Hy is band dat Eckhart selfmoord gepleeg het toe hy verdwyn het.
• Sy pa het al die verwagtinge wat hy van John gehad het na Greg to oorgedra.
• Sy pa se kommunikasie met hom toon min of geen tekens van werklike
belangstelling of ondersteuning nie, maar net om vas te stel of hy nog op
teiken is met sy verwagtinge van nou.
• Daar is tog ‘n goeie verhouding tussen Greg en sy ma.
1. Hulle hoor aan mekaar se stemme as daar iets fout is.
2. Sy vertel hom dat sy eensaam is.
3. Hy bel haar wanneer hy in die moeilikheid is
,Daar vind karakterontwikkeling by Greg plaas. Hy moet egter eers heelwat
laagtepunte beleef voordat hy sterker anderkant uitkom:
1. Hy word in die onderwêreld van kuberkrakery ingesleep deur Eckardt en kom
toenemend nie sy verpligtinge na nie.
2. Hy druip sy eerste wiskundetoets.
3. Hy word uit die eerste span gelaat vir ‘n belangrike wedstryd.
4. ‘n Paar keer word hy deur sy vriende en ander leerders ‘n “loser” genoem.
5. Hy volg nie in sy broer se skolastiese en sportprestasies nie.
6. Kuberkrakery word sy adrenaliensport.
• Greg raak bewus van sy eie swakheid en weerloosheid, bv. hy sê op die eerste
dag vir Plank dat hy bulletproof is, maar later besef hy dat hy nié is nie. Dit is
egter in sy eie swakheid en in die onderwêreld van kuberkrakery dat hy sy eie
innerlike krag ontdek.
• Greg begin as ‘n newbie in hierdie wêreld van kuberkrakery. Hy moet selfs ‘n
idiotetoets slaag. Namate hy uitdagings baasraak, ontwikkel sy selfvertroue en
laat hy reg geskied aan sy kubernaam: G-4ce
• Hy begin gesagsinstellings bevraagteken en onderskei tussen wat reg en
verkeerd is. Hy besef dat sy pa se verwagtinge van hom abnormaal is en dat hy
hom nooit gaan tevrede stel nie. Hy dink aan die skool as “Heilige Grond”, maar
later besef hy dat dit niks beter as ‘n tronk is nie
• Hy besef instinktief dat die skool se hantering van Eckardt se verdwyning nie
reg is nie en probeer hulle dwing om harder te probeer, deur
1. Te dreig dat hy nie rugby gaan speel nie en
2. Hy tik ‘n e-pos aan die koerant waarin hy vertel van Eckardt se verdwyning.
• Hy besef al hoe meer dat hy homself in ‘n oppervlakkige (klatergoud)
omgewing bevind. Hy sien deur Dok Pienaar en sy vermoede dat Dok besig is
met misdadige praktyke word bevestig. Hy gaan op ‘n missie om Dok en sy
trawante te ontmasker.
• As hy uitvind dat sy eie pa aandadig is, skroom hy nie om hom ook te
ontmasker nie. Sy pa se snydende woorde oor sy gebrek aan ruggraat is
ironies, want deur hulle aan die kaak te stel, wys hy dat hy ruggraat het, terwyl
sy pa, wat sy selfvertroue verloor en betrokke is by oneerlike goed, die
teenoorgestelde wys.
• Hy het ook genoeg insig ontwikkel om simpatie vir Eckardt se omstandighede
te hê en te besef waarom Eckardt hom sosiaal gemanipuleer het.
• Alhoewel Greg self vir ‘n ruk in die misdadige onderwêreld van kuberkrakery
besig is, word hy nooit ‘n “Black Hat” nie en weerstaan hy die versoeking om sy
druippunt in wiskunde te verander.
• Greg ontwikkel dus van skynheld aan die begin tot werklike held wanneer hy
verkeerde dinge by gesagsinstellings (skool en polisie) aanmeld.
, ECKARDT WILKEN
➢ Antagonis
➢ Buitestaander
• Eckardt word van die begin af as ‘n buitestander uitgebeeld. Toe Greg hom die
eerste keer in die koshuis sien, was hy ongeskeer en loer hy van onder sy
donker wenkbroue na Greg.
• Eckardt het iets misterieus aan hom en hy antwoord sarkasties dat hy kan tel.
Hy verwys ook geheimsinnig na die binêre nommers 0 en 1.
• Greg besef dadelik dat Eckardt moeilikheid beteken
Buitestander Eckardt
• Alleenloper
• Staan buite die groep
• Draf alleen
• Individualisties
• Wil nie deel v. Die groep wees nie
• Lees wyd oor ernstige onderwerpe
• Lyk, dink, tree dikwels anders op
• Boek oor depressie in sy boekrak
• Gemarginaliseerd (op die kant, • Koshuisbraai: sit eenkant, wegv.
rand) Ander
• Nie deel v. Hoofstroomaktiwiteite
• Speel nie rugby nie
nie
• Nuweling • Begin van matriekjaar
• Bied ‘n vars perspektief op sy nuwe • “clones van ons pa’s” p.70
omgewing • “breinspoel ons…” p.70
• Soms ontwrigte / wanaangepaste
• Proloog : gebeure as 11-jarige
mense
• Worstel met probleme soos “Wie is • “Sy naam los op in die donker.” P.41
ek?” • Ekk-0
• ‘n Karakater se buitestanderskap word dikwels deur ‘n pynlike ervaring of
omstandighede gemotiveer. Hulle verdiep hulle dikwels in individualistiese
aktiwiteite waar hulle hul kundigheid slyp. In Eckardt se geval is dit
kuberkrakery.
• In die uittreksel uit The Hacker’s Manifesto, voor in die boek, word daar in die
algemeen, maar spesifiek in Eckardt se geval, gewonder wat hom laat tiek, wat
hom tot kuberkraker gevorm het.
• Die antwoord word al gedeeltelik in die Proloog gevind wanneer die elfjarige
Eckardt afkom op sy regterpa wat wil selfmoord pleeg. Hier word ook
geïmpliseer dat Eckardt baie slim is en verveeld is op skool.
• Dis ironies dat Eckardt as nuweling by die skool Greg se mentor word; hy is die
gids wat hom die onderwêreld van kuberkrakery binnelei. Eckardt kwyt hom
uitstekend van sy taak, want hy maak Greg net nuuskierig genoeg om die
volgende taak aan te pak. Hy berei Greg goed voor vir die hooftaak wat hy vir
hom het – die ontmaskering van Dok Pienaar en sy pa.