1
, Briefie aan Madiba Sandra O’Kelly
R Reel Analise
Strofe 1 :
Die gedig begin soos ’n vriendskaplike brief se aanhef: Liewe Madiba -Die aanhef sluit aan by die titel.
1 Liewe Madiba, ek skryf die vir jou. “Madiba”: is ’n erenaam vir die ontslape, voormalige
staatspresident van Suid-Afrika, Nelson Mandela.
“ek”: Die eerstepersoonspreker (Ek-spreker) is aan
die woord, die skrywer van die “briefie”.
Aspostroof: “jou”: aangesprokene – Nelson Mandela
“die”: verwys na die spesifieke briefie wat aan Madiba
gerig is.
Ironie: ʼn Mens sou verwag dat die skrywer ’n formele
aanspreekvorm gebruik, maar die informele
aanspreekvorm dui die toegeneentheid/bewondering vir
die aangesprokene aan.
Anafoor : Herhaling van ’n woord aan die begin van ’n
versreël. - “Liewe” (versreëls 1 en 25)
2 Ek weet jy kry briefies soos my een aan jou. Verskille: Versreëls 2 en 26 verskil, maar het dieselfde
strekking.
Elisie : Weglating van ’n klinker - “daar’s” in plaas van
daar is .Dit word gebruik ter wille van ritme en versnel
die tempo/om by die sangerigheid van die gedig aan te
pas.
Vergelyking: “briefies soos my een aan jou” – die
spreker vergelyk haar brief as een van vele
bewonderaarsbriewe wat Mandela al ontvang het
Die sprekers besef die president kry baie soortgelyke
briewe,maar voel dis n behoefte om aan hom te skryf.
3 Ons het nooit ontmoet nie, maar voordat jy groet. “Ons”: dui op die spreker en die aangesprokene.
Ironie: Hulle is vreemdelinge vir mekaar. Dit is ironies
dat iemand wat nog nooit die staatspresident ontmoet
het nie ’n vriendskaplike brief aan hom sal skryf.
Eufemisme :“voordat jy groet” – voordat Nelson
Mandela te sterwe kom.Dit verwys na sy ouderdom- hy
kan moontlik sterf voor sy haar vrae ka vrae.
“ontmoet + groet”: = binnerym asook assonansie
“groet”: Nelson Mandela is op 5 Desember 2013
oorlede en hierdie gedig is in 2008 geskryf en in 2009
getoonset.
Oe-Assonansie: “ontmoet ... groet” beklemtoon die
teenstelling (begin en einde).
4 Wil ek jou iets vra, dis iets wat ek moet. Die spreker het ’n dringende behoefte om ’n vraag (vrae)
vir die aangesprokene te vra.
“moet” - sy beskou dit as haar plig om dit te vra,
beklemtoon die dringendheid (sterk behoefte) om die
vraag te vra voordat hy sterf.
“iets”: word in strofe 2 verduidelik
Herhaling van “ek” en “iets”: bekletoon die skrywer se
begeert en nood om Madiba te ontmoet.Die sprekers het
n dringende behoefte.
2