1
, Tsunami - Kobus de Wet
R Reel Analise
Strofe 1 : aardbewing en aanstormende golwe van tsunami
1 toe die aarde se kors in twee skeur s-alliterasie: beklemtoon gewelddadigheid van natuurramp met
skeuring en geluid daarvan. Japan lê naby breuke in tektoniese
plate in aardkors en wrywing tussen hierdie plate veroorsaak
aardbewings en soms vulkaniese uitbarstings wat lei tot seismiese
vloedgolwe.
2 het eoniese kragte die oseaan gelig “’eoniese kragte” :Enorme, onmeetlike natuurkragte met
watermassa wat tsunami veroorsaak.Eon is ‘n onmeetlike
tydruimte.
Metafoor : Vergelyking sonder ‘soos, nes, net soos’ -groot
watermassa (eoniese magte) word gelykgestel aan ‘n monster
(serpent wat slang beteken)
3 Sekuur: Pylreguit
en woedend maar dodelik sekuur
Personifikasie: “woedend, maar dodelik sekuur” Dooie ding kry
menslike eienskappe – tsunami is kwaad en pyl spesifiek op
weerlose mense af. Beweeg nie toevallig nie. Die watermonster is
woedend (menslike eienskap)
Aleenplasing : Beklemtoon dreigende gevaar
Teenstelling : teenstelling “maar Tsunami is onbeheerbaar
(woedend), maar doelgerig, akkuraat om te verwoes (dodelik
sekuur).Mense kan dit nie ontkom nie.
Eindrym : Sekuur + Afgestuur - Beklemtoon presiesheid van
verwoesting.
4 o – assonansie: Herhaling van dieselfde vokaal in meer as een
het die watermonster met volle mag
woord in een reël. Funksie van beklemtoning van wat daar staan
asook klankmatige funksie.
Metafoor : Tsunami as waterdier voorgestel. Sluit aan by
“serpent” r. 7 ,slang. Doelgerig, kragtig.
Kontras : r. 4 en r.5 Tussen mens en natuur. Die mens is
weerloos en kwesbaar, hul kan hulself nie verdedig nie en die
ellende
5 Eindrym : Sekuur + Afgestuur - Beklemtoon presiesheid van
op weerlose wesen s afgestuur …
verwoesting.
weerlose: Nie in staat tot verdediging nie
w-Alliterasie: w-alliterasie beklemtoon kwesbaarheid/
magteloosheid van die mens teenoor die oormag van die tsunami.
Golwe was 40,5 m hoog en het ‘n spoed van 700 km per uur
bereik en 10 km landinwaarts gespoel.Herhaling van dieselfde
konsonant aan die begin van meer as een woord in een reël-. Dit
verstadig ook die tempo wat tot gevolg het dat die leser onder die
indruk van die arme slagoffers se ellende kom.
e – assonansie: e-assonansie vertraag die tempo en beklemtoon
weerloosheid.Herhaling van dieselfde vokaal in meer as een
woord in een reël. Funksie van beklemtoning van wat daar staan
asook klankmatige funksie
Elipps / beletselteken : Skep dramatiese effek waar leser dink
hoe magteloos die mense teen die oormag en geweld van die
watermassa is.Die leser kan self verder dink hoe magteloos die
mense is teenoor die kragtige tsunami
Kontras : r. 4 en r.5 Tussen mens en natuur. Die mens is weerloos
en kwesbaar, hul kan hulself nie verdedig nie en die ellende
2