1
, Op sy brander plank - Petra Müller
R Reel Analise
Strofe 1 :
Die krag en lewenslus van die seun op sy plank blyk in die eerste strofe uit die wyse waarop hy met die see,lug en
son omgaan en as’t ware die element tart.
1 Hy waag hom weer teen horisonne.
Die w-alliterasie :“waag hom weer” dui aan dat
die branderplankryer vreesloos en waagmoedig
is. Beklemtoning & klankrykheid
Horisonne: Die woord “horisonne” suggereer
dat die branderplankryer ver die see in is.n
Treffende uitbreiding van n branderplankryer se
aksies en sy betekenis daarvan
Weer : Die woord “weer” suggereer moontlik dat
die persoon dit wat hy doen al voorheen gedoen
het (om hom teen die horisonne te waag). Die
woord kan ook daarop dui dat die persoon op
die branderplank die voortsetting is van ’n lang
lyn seevaarders wat ook die see aangedurf het.
Teen: inspanning wat dit verg om plank te ry
asook die stryd tee natuur
a-Assonansie: Vokale herhaal in een
versreël:Beklemtoning en klankrykheid.
Implikasie: Die woord “waag” in versreël 1
impliseer dat dit gevaarlik is om branders te ry.
Progressie: In versreëls 1- 6 is die
branderplankryer in die see besig om die
brander te ry, maar vanaf versreël 7 is hy reeds
op die strand
2 Die see gooi so n in teen sy sonne, maar skuimskuddend.
Son en sonne : Die “son” weerkaats op die
blink water van die see. Dit lyk dan soos baie
“sonne”.
Woordspeling: kom in versreëls 1 en 2 voor:
”horisonne”, “son” en “sonne”. beklemtoon hoe
warm die son skyn.
s-alliterasie: beklemtoon hoe warm die son
skyn. Die alliterasie help ook om die sierlike
bewegings van die branderplankryer te
beklemtoon.Beklemtoon die skerpheid van die
son.
Herhaling: Die herhaling van die woord “teen” in
versreëls 1 en 2 suggereer dat die
branderplankryer ’n stryd teen die natuur voer;
dat dit inspanning verg
Skuimskuddend: Skud die skuim van die
branders van sy kop en lyf af asook die
gesigseinde/die kim suggereer ver in die see in.
Wending : die persoon “skud net skuim af “ en
gaan Voort – al maak die see dit moeilik
“maar skuimskuddend”: die branderplankryer
skud die skuim van hom af as hy met ʼn
asemteug na vore gaan/na die land gaan
2