GRAAD 12
EKSAMEN VOORBEREIDING:
VRAE & ANTWOORDE
TheScienceShelf Eksamen ©kopiereg voorbehou
Voorbereiding
, Dierevoeding – Lang vrae
1 Die diagramme hieronder dui die spysverteringskanale van plaasdiere aan.
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2 DIAGRAM 3
1.1 Evalueer DIAGRAM 3 en dui aan waarom hierdie dier as 'n herkouer
geklassifiseer sal word. (2)
1.2 Identifiseer die diagram hierbo wat 'n orgaan in die
spysverteringskanaal het waarin daar normaalweg klein klippies
aangetref word, wat gebruik word om voedseldeeltjies te maal. (1)
1.3 Noem TWEE tipes mikro-organismes wat in die maaggedeeltes van
die herkouerdier (DIAGRAM 3) aangetref word. (2)
1.4 Noem TWEE toestande wat in die maag bestaan wat die ideale
leeftoestande skep vir die mikro-organismes in die maag van hierdie
herkouerdier in DIAGRAM 3. (2)
1.5 'n Herkouerdier se voeding is verander nadat dit aan 'n voerkraal
bemark is. Die rantsoene van die diere is verander van 'n
ruvoerpersentasie van 60% na 'n ruvoerpersentasie van 40%.
Beskryf DRIE moontlike veranderinge in die verteringsproses as
gevolg van hierdie verandering in die rantsoene om die produksie te
verhoog. (3)
TheScienceShelf Eksamen ©Kopiereg voorbehou
Voorbereiding
,2. Die diagram hieronder toon die roete van voedsel deur die maag van ‘n
plaasdier.
2.1 Identifiseer die soort dier wat In maag soos in die diagram hierbo
het. (1)
2.2 Identifiseer die prosesse wat deur pyltjies A, B en C verteenwoordig
word. (3)
2.3 Die proses wat deur pyltjie B voorgestel word, is voordelig vir hierdie
plaasdier. Motiveer hierdie stelling deur DRIE voordele te noem.
(3)
3 Die diagramme hieronder dui plaasdiere, gemerk 1 en 2, aan. Plaasdier 1 is
ouer as 4 jaar. Ook aangedui is diagramme A tot E wat die tande in die mond
van hierdie plaasdiere verteenwoordig.
Plaasdier 1
Plaasdier 2
E
A B C D E
TheScienceShelf Eksamen ©Kopiereg voorbehou
Voorbereiding
, 3.1 Verteenwoordig hierdie diagramme die boonste of onderste kake
van dié diere? (1)
3.2 Pas die tande van plaasdier 1 hierbo by die tande wat A tot E gemerk
is.Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
3.3 Beskryf kortliks DRIE funksies van tande in die proses van vertering.
(3)
Dui die diagram met tande, gemerk A tot E hierbo, aan wat pas by
3.4 'n plaasdier met 'n swak ontwikkelde rumen.Motiveer jou antwoord.
(2)
4. Die diagram hieronder verteenwoordig die spysverteringskanaal van 'n
plaasdier.
4.1 Identifiseer die plaasdier wat in die diagram hierbo verteenwoordig
word. (1)
4.2 Benoem dele wat B, D, F, H en N gemerk is. (5)
4.3 Die struktuur gemerk N verrig TWEE funksies. Noem hierdie
funksies. (2)
4.4 Wat is die produk wat in E geproduseer word wat met die
emulsifisering van vette help? (1)
4.5 Skryf die letter neer van die deel waarin die volgende prosesse
plaasvind:
(a) Die maal van voedsel
(b) Die stoor en sagmaak van voedsel
(c) Die vrystelling van pankreassap (3)
TheScienceShelf Eksamen ©Kopiereg voorbehou
Voorbereiding