KLIMATOLOGIE
AT HATTINGH
AT HATTINGH MAANDAG 19 APRIL 2021
, Die Aarde se energie balans. Eenheid 1
Wat is die uitwerking van oneweredige verhitting op die aarde se energiebalans?
Dit is warmer op die ewenaar as by die pole.
Wat is kortgolfstraling en langgolfstraling?
Kortgolfstraling: (insolasie)
Inkomende sonstraling –hoë-energie, kortgolfstraling wat die aarde se oppervlak verhit.
Langgolfstraling: (aardradiasie)
Verhitte aarde, straal lae-energie, langgolfstrale terug na die atmosfeer. (infrarooi-energie)
Dit verhit die atmosfeer.
Kortgolf-
radiasie
Langgolf-radiasie
Son
Atmosfeer
Aarde
Betekenis van Insolasie:
Insolasie: Inkomende solere radiasie (straling) wat die aardoppervlak bereik.
Meer sonenergie bereik die trope - sonstrale val byna loodreg op die oppervlak.
By die pole is die oppervlak weggekantel van die inkomende sonstrale – sonstrale val teen
skuinshoek op die oppervlak.
Waarom is dit kouer naby die pole?
• Die hoek van inkomende sonstrale is klein, dus is sonverhitting min.
• Die sonstrale moet deur 'n dikker atmosferiese laag dring en energie word afgestaan deur
absorpsie, verstrooiing en weerkaatsing.
• Die energie van die inkomende straling is oor 'n groter oppervlakte versprei by Pole.
• Blink wit ys en sneeu weerkaats meer inkomende energie terug na die ruimte.
Bladsy 1 van 25 © Copyright reserved/Kopiereg voorbehou At Hattingh ©
, Wat is die belangrikheid van die aarde se as en omwenteling om die son.
Wat veroorsaak die seisoene?
1. Omwenteling.
2. Kanteling van die aarde.
3. Bolvormigheid van die aarde.
Wat is die seisoenale effek op die energiebalans?
• Somer - wanneer daardie halfrond na die son gekantel is omdat dit langer dagligure het.
Sonstilstand op 21 Desember. Langer dae, kort nagte.
• Winter - wanneer 'n halfrond weggekantel is van die son, ontvang en behou dit minder
inkomende straling. Sonstilstand op 21 Junie. Korter dae en langer nagte.
• Herfs en Lente - Met die dag-en-nageweninge
• (21 Mrt en 23 Sept) is die son reg bokant die ewenaar - 'n 12 uur-dag en 'n 12 uur-nag. Die
twee halfronde kry ewe veel sonstraling.
Wat is die rol van seestrome en winde in die oordrag van energie?
Positiewe warmtebalans - in die trope,
Negatiewe warmtebalans - in die poolstreke.
Die aarde raak nie geleidelik warmer by die trope of kouer by die pole nie.
Daar is 'n balans tussen inkomende sonstraling en uitgaande straling vanaf die aarde.
Dit word toegeskryf aan twee groot oordragte van hitte, 80% deur wind en 20% deur water.
Divergeer
Hoe dra winde by tot warmteoordrag?
Uitmekaar vloei van lug
Drukverskille: Die oneweredige verhitting van die aarde lei tot drukverskille omdat
warm lug minder dig is en geneig is om te styg. Hierdie verskil skep 'n
drukgradiëntkrag en laat wind waai van streke met hoë druk na streke met lae druk.
Laagdrukgordel vorm in die warm ekwatoriale streke en hoogdrukgordel ontstaan oor
die koue poolstreke.
Die drukverskil laat koue, droë winde van die polêre hoogdruk na die ekwatoriale
laagdruk vloei.
By die ewenaar styg warm klam lug. Die
warm lug divergeer in die boonste
atmosfeer en vloei na die pole.
Oor die poolstreke koel die lug af,
raak digter en sak af na die
oppervlak.
Konvergeer
Saamvloei van lug
Ons kry nie 'n bestendige vloei van lug van die
pole na die ewenaar en terug na die pole nie want die aarde het eienskappe van land en see en
dit draai om sy eie as.
Bladsy 2 van 25 © Copyright reserved/Kopiereg voorbehou At Hattingh ©