1
, Dienaar van die nagereg - Patrick Petersen
R Reel Analise
Strofe 1 :
Die spreker se pa se werk as polisieman word uiterlik en oppervlakkig beskryf
1 wanneer ek, pie djy pie, dink aan u pa-pappa-pappie “ek”: eerstepersoonspreker; kind van ‘n
polisieman in apartheidsjare
“ pie djy pie “: outobiografies (P.J.P)
“dink”: herinneringe
“u”: formele aanspreekvorm Dit kan ’n
teken wees van die afstand/ skeiding
tussen die kind en sy pa of dit kan ’n
bewys wees dat die kind respek vir die pa
het.
Die spreker roep herinneringe oor die pa
en later ook oor die pa ser werk op.
Ie- Assonansie : klankmatige effek
Progressie: Pa-pappa-pappie dui op
progressie en vertedering
2 sien ek Alleenplasing: beelde wat volg, sluit aan
by die →Dit vestig die aandag op die
visuele beelde wat in die res van die strofe
volg, bv. kakie; groen; wasem uit mond
Inversie:“sien” beklemtoning wat hy
waarneem.
3 u langarm in ’n jas reënerige kakie op ’n groen raleigh “ reënerige kakie “: sinestesie -
vermenging van sintuie
“kakie , groen “:Die gebruik van hierdie
kleure skep duidelike visuele Beelde; dit
bevestig hoe helder die spreker se
herinnering aan sy pa en sy pa se werk is.
“langarm”: Polisie = Langarm van die
gereg
Denotatief: die pa se arm letterlik lank.
Konnotatief: Die pas is ‘n lid van die
figuurlike “lang arm van die gereg” (Hy is
‘n geregsdienaar). Die uitdrukking
“langarm van die gereg” verwys na die
polisie wat alle misdadigers vastrek.
“Groen Raleigh”: n fiets, sy pa het in die
wind en weer werk toe gery op sy fiets.
4 vir presies wees; ’n teen-koue-kakiekombers dik om u Kommapunte :skei verskillende
beskrywers van die pa.
“teen-koue-kakiekomber”: -metafoor -
Die kakiekombers word gelykgestel aan
iets wat die pa teen die koue moet
beskerm
5 lyf gespan; wasem wat soos spookasem uit u mond hang; Vergelyking -Die wasem word met
spookasem vergelyk; die wasem hang net
soos spookasem
woordspeling :Dit beklemtoon die koue
toestande waartydens die pa werk.
6 op kantoor besig met die administrasie Die werk wat sy pa moes doen.
2